Die jaagtog
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die son kom op oor Dubai en Liesl sit steeds op die balkon na die see en staar. Sy neem nie die pastelkleure van die wolke oor die see in nie. Haar oë staar na die niet. Haar verstand het tot stilstand gekom. Iewers binne haar is daar ’n stem wat vra hoekom sy geen emosie toon nie, maar sy kan nie antwoord nie. Haar tong lê stom in haar droë mond. Dis net as sy sluk, wat haar seer keel haar herinner dat sy nog leef en dat sy die vorige dag byna doodgewurg is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Agent Inka Zoetke van Interpol het heelnag saam haar in haar nuwe hotelkamer deurgebring. Haar vorige hotelkamer was nou ’n misdaadterrein. Afgesper.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Henk het ook die nag in Liesl se kamer deurgebring. Sy het stil geluister hoe hy lang oproepe na Suid-Afrika maak. Al het hy sy professionele masker opgehad, kon Liesl sien hy is moeg en ontsteld.
Liesl kyk nie om as iemand ’n koppie tee langs haar neersit nie. Vaagweg hoor sy nuwe stemme in haar kamer in ’n diep gesprek. Henk sit sy hand sag op haar skouer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Hier is ’n dokter om jou ’n kalmeermiddel in te spuit. As jy nie rus nie, gaan jy inkonk en jy het jou energie later nodig.” Hy neem haar aan die arm en lei haar na die bed.
“Emily is reeds op ’n vlug hierheen. Ek sal haar op die lughawe gaan haal. Die kinders is veilig. Tot Emily land, moet jy asseblief rus.”
Sy voel skaars die prik van die naald en lê en wag vir die slaap. ’n Paar flitsende gedagtes hoop sy dis ’n droomlose slaap. Miskien, dink sy, is sy nou al besig om te droom.
Die inspuiting bring ’n genadige diep slaap.
Inka sit steeds eenkant in die skemer vertrek as Liesl haar oë oopmaak. Haar teenwoordigheid herinner Liesl dat die gebeure van die vorige dag ’n nare werklikheid was.
“Ek hoop jy voel beter, jy het byna agt uur geslaap.”
Sy hou ’n glas lemoensap na Liesl uit. Dit brand haar keel, maar die soetheid sorg vir broodnodige energie.
“Waar is Henk? Hoe laat is dit? Ek wil my kinders bel.”
“Hy is lughawe toe om jou vriendin te gaan haal. Sy het ’n uur gelede geland en hulle is seker al amper op pad.”
Liesl is ongewoon kalm as sy Ludwig bel.
“Mamma kom terug sodra ek kans kry. Pas jou sussie op.”
Sy hoor nie die stem van haar seun nie. Sy stem is skielik die van ’n man.
“Ma moet vasbyt daar. Ons is veilig. Ma sal sien, als gaan weer ok wees.”
Sy wil hom vra hoe hy so seker daarvan kan wees want sy is van niks meer seker nie.
Sy vra om met Erna te praat. Haar dogter se snikkende stem ruk haar emosies uit die zombie-trans waarin sy verkeer. Erna is te emosioneel om verder te praat en Liesl laat Ludwig weer belowe hy sal sy suster nie onder sy oë laat uitgaan nie.
Inka hou ’n pakkie sigarette na haar uit. Liesl glimlag as sy onthou hoe sy uit rebelsheid teen Konrad se diktatorskap in hulle huis skelm in die Lapa gaan rook het.
Sy neem ’n sigaret en gaan sit op die balkon. Watter dag van die week sou dit wees? Is dit sonsopkoms of die son wat ondergaan? Wonder sy. Waar is wes en waar is oos? En wat maak dit als vandag saak? Dink sy as sy in die verte ’n Moslem gebedsroep hoor opklink.
Skielik staan Emily langs haar. Hulle staar vir ’n rukkie in stilte na mekaar en hou mekaar dan styf vas. Emily gaan sit woordeloos langs Liesl met haar arm om haar vriendin se skouers.
Dis Emily wat uiteindelik die stilte verbreek.
“Bella is op Lanseria-lughawe vasgetrek. Sy het nogal ’n slim vermomming gehad, maar Interpol ken blykbaar al haar truuks. Klink my die evil twins was vir hulle ’n groot vangs. Ek kan steeds nie glo dat Isa, die oënskynlik dom Botox Barbie, toe al die tyd ’n gevaarlike spioen was nie. Jissie Liesbet, en ek hoor jy het haar platgeduik!”
Liesl glimlag skeef vir haar vriendin.
“Haar haarverlengings was toe uiteindelik handig. Lekker vashouplek.” Die twee lag om die spanning te breek en dan begin Liesl saggies huil.
“Em, hoe gaan ek aan na dié ding? Ek weet regtig nie hoe nie.”
“Dis sleg, Liesbet. Dinge is baie sleg. Dit help nie ek probeer versiersuiker daaroor smeer nie. Maar jy is sterker as wat jy dink. Ek het jou die afgelope ruk dopgehou. Jy het ’n ver pad gekom, my pel. Jy het gegroei as mens. Ek is so trots op jou.”
Die vriendinne rook ’n sigaret in stilte. Ver oor die see sien hulle die liggies van ’n passasierskip.
“Dink jy die mense op daardie skip is gelukkig, Em?”
“Van hulle is, Liesbet. Ek glo so.”
“En die ander?”
“Hulle is soos jy, op ’n reis. Die slegte tye sal verbygaan, jy sal sien. Jy moet net vasbyt. Ek weet jy is moeg, maar dit is amper verby.”
“Emily, ek wil net weer my lewe terughê. Waarheen het my lewe gehardloop? Ek kan amper nie meer onthou hoe dit was toe ek net Liesl, die kinders se ma … en Konrad se vrou was nie.”
Emily staan op en skink vir hulle elkeen ’n glas wyn. Hulle kyk saam hoe die skip se liggies al verder wegkwyn.
“Liesbet, jy is nie meer daardie vrou nie. Hierdie goed… dit het ’n ou deel van jou teruggebring.
Op ’n manier was dit goed vir jou. Dit het so lank geneem voor jy regtig vir Konrad kwaad kon word. Jy het uiteindelik die punt bereik waarin jy genoeg seergekry het en begin terugbaklei het. Ek het vir jare toegekyk hoe die Liesl wat ek eens geken het, weggekwyn het. Die laaste ruk het sy weer uitgekruip. Jy was weer die rebel, my vriendin wat vir niks stuit nie. Die hele ding is nie net sleg nie, Liesbet. Ek weet dis seer. Maar jy sal weer ok wees.”
Die passasierskip is nou net ’n ligstippel op die horison. Dit smelt ineen met die sterre oor die see.
“Toe ek Konrad ontmoet het, het ek geglo my lewe gaan soveel anders as my ma s’n wees. Ek het gedroom van ons voorstedelike huisie met die white picket fence. Kan jy glo dat ek so dom was? In my droom het ek op daardie huisie se stoep sit en skilder en … Ek het so hard probeer om dit te laat werk.”
“Jy het twee great kinders. Jy het nie sleg gedoen nie. Jy was en is ’n fantastiese ma. Moenie so hard op jouself wees nie, Liesbet.”
Liesl rol haar trouring om en om. Sy wou dit al soveel keer afhaal.
“Toe ek teruggery het van die tronk af het ek besef ek sal Konrad nooit kan terugneem nie. Em, ek dink hy het lankal my liefde vir hom versmoor met sy ontrouheid. Ek het vir lank net gedink ek het hom nog lief. Dink jy ek is wreed? Noudat hy … Ek voel soos ’n verraaier.”
“Dis ok, jong, dis ok. Jy het ook regte in hierdie ding. Jy hoef nie skuldig te voel nie.”
Liesl snuit haar neus en steek nog ’n sigaret op. In die asbakkie op die koffietafeltjie op die balkon lê verskeie sigaretstompies wat net half gerook is.
“Em, wat het Henk jou vertel? Ek is so bang hy steek iets vir my weg. Konrad … is hy dadelik dood? Het hy nie gely nie?”
Emily druk haar vriendin styf teen haar vas.
“Nee, Lies, hy het nie gely nie. Sy aanvaller het geweet wat hy doen. Konrad het nie geweet wat hom getref het nie. Sy keel is … dit was gou verby.”
“So ’n wrede dood … niemand verdien dit nie.”
“Ek weet Lies, niemand verdien dit nie. Ek kan nie glo iemand het Konrad voor Interpol se oë vermoor nie. Ek dog hulle het hom bewaak. Henk sê die kringtelevisie by die tronk se besoeklokaal wys Gerben het ’n gevangene besoek dieselfde tyd wat jy by Konrad was. Die gevangene het saam met Konrad by die deur uitgestap en dit is toe dit gebeur het.”
“Hy het nog vir oulaas gesê hy is lief vir my. Ek dink Konrad het geweet die kans dat hy lewend uit die ding gaan kom is skraal.”
Emily se foon lui. Dit is ’n joernalis. Die nuus van die moord op Konrad het klaar uitgelek. Die storie van die bose tweeling is ook sappige nuus wat sirkulasiesyfers sal laat styg.
“Ek is jammer, ek gaan geen kommentaar lewer nie. Ons sal later ’n persvrystelling na al die pers in Suid-Afrika stuur.”
Henk roep hulle om na ’n nuusflits op die TV te kyk van klopjagte op huise en kantore van nog vermeende lede van die sindikaat in Dubai. Die omroeper kondig aan dat hulle gaan oorskakel na ’n nuushelikopter wat ’n jaagtog verfilm. Verskeie wit en groen polisiemotors jaag ’n swart Bugatti.
“Dubai se polisie gebruik Lamborghini’s, Bugatti’s en Aston Martins. Dit behoort ’n interessante jaagtog te wees,” lig Henk hulle in. “Dit moet ’n grootkop wees wat hulle jaag anders sou hulle nie soveel aandag aan die jaagtog gegee het nie.”
Die groep staan versteen en kyk hoe die Bugatti ’n onverwagse en waaghalsige U-draai teen hoë spoed maak en nou op die polisiemotors afpeil. “Is hy mal! Hy speel chicken met die polisie!” gil Henk.
Die polisiemotors swenk uit vir die Bugatti. Die swart blits jaag deur die vloot wit en goen sportmotors, dit lyk of hy gaan wegkom, maar dan onderskat hy skynbaar ’n draai en asof in stadige aksie tol die swart blits deur die lug en kom in ’n stofwolk tot stilstand. Die stof hang etlike sekondes voor dit deur ’n vuurbol en ’n ontploffing verswelg word.
Byna onmiddellik lui agent Zoetke se foon. Sy voer ’n druk gesprek en kyk kort-kort na die groep Suid-Afrikaners. In haar swaar Oostenrykse aksent vertel sy hulle dat die meesterbrein van die Arabiese sindikaat in die Bugatti was.
“His passenger, I believe, was a man from your country …”
Daar is baie maniere en wenke om vetplante te laat gedy. Hier is nege wenke…
As Karlien van Jaarsveld die horlosie kon terugdraai, sou sy dieselfde keuses gemaak het, want…
Resep: 'Dairy Gives You Go' Bestanddele 2 koppies koekmeel ¾ koppie Amasi ¼…
28-dag oefenprogram vir beginner-fietsryers deur Salomé Delport. Hooffoto: zozzzzo/istock images As jy na veertig begin…
Ek het my verhouding met kos verander en jy sal nie glo wat volgende gebeur…
Hy is in 1989 op Springbok gebore en hierdie uitsonderlike deel van ons land was…
Hierdie webwerf gebruik koekies.