Glaskas
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Dubai se hitte slaan Liesl soos ’n vuishou tussen die oë. Sy is dankbaar die taxi daag gou op want dit voel of haar sandale aan die sypaadjie vassmelt en gloede erger as menopouse haar oorval.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Haar wit linnerok klou aan haar natgeswete lyf vas en sy vou selfbewus haar arms voor haar sodat Henk nie kan sien hoe haar onderklere deurskyn nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }“Ek wou nog altyd geweet het hoe dit voel om aan ’n wet T-shirt kompetisie deel te neem,” probeer sy ’n grappie maak om die ongemak te verbreek.
Henk lag droogweg en kyk hoflik by die taxi se venster uit.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Dit sal hopelik gou droogword met die taxi se lugverkoeling, maar as ons daar anderkant uitklim, gaan jy weer begin sweet en ons kan net hoop die moslem-sedepolisie is nie by die trunk aan diens nie!”
Die son bak genadeloos in die Al Aweer-woestyn en die koel taxirit is ’n lafenis op hul roete van sowat 60 km tot by die sentrale gevangenis.
Henk vertel hoeveel toutjies hy moes trek om te sorg dat Liesl twee uur by Konrad kan deurbring.
“Die gevangenis is skoon, jy sal sien. Konrad kla nie oor die behandeling nie, maar daar is blykbaar baie geweld. Omdat hy ’n westerling en boonop ’n christen is, is hy ’n maklike teiken vir moslem-bendes in die tronk. Hy is in ’n afdeling vir verhoorafwagtendes, maar hy en die ander aangeklaagdes in die saak word apart van mekaar gehou. Hy glo hulle is bang hy praat uit en hulle het spioene wat hom daar binne dophou.”
Asof hy Liesl probeer voorberei, vertel hy haar hoe lank verhoorafwagtendes soms aangehou word voor hul sake voorkom.
“Van die mense kla dat sake teen ’n slakkepas kan voortgaan, maar hierdie een kan hopelik voorrang geniet omdat ’n omstrede sindikaat betrokke is. Tot dusver was my groot probleem om reguit antwoorde te kry oor presies waarvoor Konrad aangekla word. Maar die vaagheid is glo ook niks ongewoon hier nie …”
Konrad se mede aangeklaagdes en die internasionale sindikaat waarvan hulle deel is, het volgens Henk onlangs die nuus in Dubai gehaal omdat hulle ’n bankgroep in ’n bedrogspul van altesame $501 miljoen beroof het.
“Dit hou gelukkig nie verband met hul betrokkenheid by EMKO nie. By EMKO self kry ek natuurlik geen antwoorde nie. Dis verskriklik dat die mense wat eens met Konrad vriende was hulle rue op hom kon keer. Die monde is vinnig gesnoer oor die maatskappy se jarelange bande met die Arabiere. Ek kry die indruk hulle staan met gevoude arms en toekyk hoe Konrad die sondebok gemaak word. Daar is geen lojaliteit in maatskappye as die mure begin tuimel nie.”
Liesl verstyf van spanning as hulle uiteindelik by die gevangenis aankom. Die prosedure om ’n gevangene te besoek, is omslagtig en by tye voel dit of hulle haar self soos ’n verdagte behandel.
Sy ril as die bewaarder se hande oor haar klam linnerok gly om seker te maak sy steek niks weg nie. Gelukkig het Henk haar vooraf gewaarsku om nie ’n pakkie of ’n handsak te bring nie. Besoekers mag niks saamneem nie en alle pakkies vir gevangenes moet ingehandig word vir streng veiligheidskeuring.
Liesl en Henk staan ure in ’n ry en wag tot sy uiteindelik geroep word om Konrad te sien. Sy voel kwesbaar om Henk agter te laat, maar sy hou haar gedagtes in toom. Sy weet dis nie nou die tyd om vrye teuels te gee aan vrese nie.
Die besoeksaal is ruim en ’n glaspaneel met die tientalle besoekhokkies verdeel dit in twee. Een kant wag besoekers vir ’n kans om by ’n hokkie te gaan sit, aan die ander kant wag gevangenes in hulle wit hemde en broeke in lang rye.
Liesl se hele lyf bewe van emosie as haar nommer geroep word en Konrad uiteindelik voor haar kom sit. Hy lyk so weerloos aan die ander kant van die glas, dink sy. Heelwat skraler en sy hare is ’n skakering gryser. Sy stem bewe oor die gehoorstuk.
“Lies … ek is so dankbaar om jou te sien …” Konrad is nie gewoonlik emosioneel nie en dit breek Liesl se hart as hy in trane uitbars.
“Die kinders stuur al hulle liefde.”
“Ek is so jammer oor al die gemors, vra hulle moet my vergewe.”
“Konrad, ons het sterk kinders. Hulle is lief vir jou.”
Om hulle dreun stemme in verskeie tale. Ondanks die lugverkoeling is die vertrek bedompig en Liesl is nie seker of sy lighoofdig voel van die hitte of die rukkende emosies in haar nie.
Dit voel of sy buite haar liggaam sweef en haar en Konrad van bo dophou. Sy sien ver onder haar sit ’n man en vrou wat eens verlief was … en vir wie dinge langs die huwelikspad skeefgeloop het. Dis onwerklik om te dink hulle het eens ’n gewone voorstedelike lewe gehad. Nou sit hulle oorkant mekaar in ’n gevangenis in ’n vreemde land.
“Ek hoop ek het tyd om alles te vertel. Ek skuld jou en die kinders ’n verduideliking. Ek het die ding oor myself gebring … en julle saam in die drek gesleep.”
Sy kan sien hoe Konrad homself beheer om die trane terug te hou.
“Die ding met Isa … dit het as ’n gewone afleiding begin. Sy was eers net … e… jy weet … die ander?”
Hy kyk selfbewus weg.
“Ek was regtig verlief. En ek het geglo sy voel dieselfde. Lies, ek is jammer, maar jy het my altyd laat voel jy het my nie eintlik nodig om aan te gaan nie. Jy is sterk. Maar Isa, sy het die rol van die hulpelose, eensame vrou perfek gespeel. Dit het begin toe sy by my kom kla het oor Gerben wat ’n werkverslaafde is. Ironies …”
“Ja, en toe troos jy haar …”
“Ek het skuldig gevoel oor die verhouding en Gerben al meer pligte gegee om hom belangrik te laat voel.”
Hy lag sinies. “Dit was presies wat hulle wou gehad het. Ek het reg in hulle hande gespeel. Dis hoe hy toegang gekry het tot geklassifiseerde inligting terwyl …”
“Terwyl jy en sy vrou karfoefel het?”
Konrad laat Liesl die bitter aanmerkings toe. Voorheen sou dit in ’n gestry en oor en weer beskuldigings ontaard het.
“Jy het die reg om kwaad te wees, Liesl. Wat gebeur het, was my verdiende loon. Toe Gerben genoeg getuienis teen my gehad het oor die verduistering, het hy my begin dreig. Eers subtiel, toe meer intens.”
Konrad vertel Engela was die een wat eerste die meeluisterapparate in sy kantoor opgespoor het. Dit was aangebring lank voor Gerben EMKO toe gekom het.
“Gerben het alles van my geweet en ek het nie ’n keuse gehad as om by die Arabiere se dieper geknoei betrokke te raak nie. My senuwees was gedaan. Ek het nie geweet wie by EMKO ek kan vertrou nie. Engela het iets vermoed, maar ek het haar nie betrek nie. En kyk wat het met haar gebeur.”
Min of meer dieselfde tyd wat Gerben Konrad aan die korthare beetgekry het, het Isa se ware kleure begin deurskemer.
“Ek wou uit die ding met die Arabiere kom. Toe jy in die park aangeval is, het ek begin nadink oor my verhouding met Isa. Sy het gou besef ek wil uitkom en toe het sy en Gerben my begin afdreig. Ek het begin agterkom daar skuil meer agter haar oënskynlik oppervlakkigheid. Toe was dit reeds te laat.”
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.