kategorieë: Lees

Botox, Barbies en Bietse: Episode 31

Skuifelende voetstappe

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Liesl hoor die helikopter oor die kloof sirkel. Stof waai by die bek van die grot in. Buite hoor sy voertuie naderkom. Die helikopter beweeg weg en vir sekondes daal ’n doodse onheilspellende stilte oor die kloof. Liesl kan haar eie hartklop hoor. Wat gaan aan? Waar is die helikopter heen?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Skielik hoor sy een skoot en daarna sarsies skote uit verskillende rigtings klap. Sy hoor Minka verbouereerd runnik. Die arme perd is seker baie verskrik. Sy hoop die onskuldige dier word nie in die oor-en-weer skietery getref nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die volgende stilte raak vir haar ondraaglik. Sy het geen idee wie skiet op wie en wie het die oorhand nie. Buite hoor sy net sonbesies sing. Dan skuifelende voete oor klippe naby die grot.

Nee! Sy hoop nie die stropers het teen die kloof uitgeklim en kom nou saam met haar in die grot skuil nie! Waar is die helikopter? Hoekom kom hy nie terug nie? Hoekom is dit so stil onder in die kloof?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy hoor weer ’n geskuifel. Die keer nader aan die grot. Daar is nie ’n groot genoeg rots dieper in die grot om agter te skuil nie! ’n Doodse benoudheid pak haar. Sy wil regtig nie na al die drama in haar lewe in ’n benoude grot in Mpumalanga sterf nie. In die haas van haar gedagtes dink sy wat van haar kinders gaan word. So sonder ’n ma en pa.

Sy kan aan die geskuifel hoor dit is iemand wat so sag moontlik op die klipperige grond probeer trap. Die voetstappe is nou naby genoeg aan die grot dat sy ’n gejaagde asem kan hoor.

Sy voel versteen agter die rots. Daar is geen manier dat iemand wat dieper die grot inkom haar gaan miskyk nie. Die stropers gaan haar beslis nie genadig wees nie want hulle kon sekerlik aflei dat dit sy is wat hulp gesoek het.

Sy hoor hoe die persoon die grot binnekom. Sy asem jaag effens. Liesl is doodseker hy hoor haar hart soos donderslae klop!

Die sluiper kom al dieper die grot binne. Asof hy weet waarna hy soek. Sy weet nou hy soek na haar! Angssweet loop teen haar slape af. So, dis hoe mens se laaste gedagtes voel, dink sy. Nou waar is die flitse van haar lewe? Dit moet mos nou by haar begin verbyflits?

“Merrie? …” Die stem is sag en dringend.

“Herman!” fluister sy en kruip agter die rots uit. Sy word toegevou in groot sterk arms.

“Sssssjuut, die stropers is vasgekeer en daar gaan binne minute weer ’n geskiet uitbreek.”

Liesl voel hoe haar hart nog vinniger klop. Van vrees, probeer sy haarself wysmaak. Dit kan beslis nie wees omdat Herman haar so styf teen hom vasdruk nie. Hy is immers haar vriend.
Dierbare, lojale Herman.

Geweervuur onderbreek haar gedagtes. Dit voel of dit nooit gaan ophou nie. Dan kom die genadige stilte en daarna dringende stemme en die geluid van mense wat deur die bosse hardloop.

’n Harde fluit klink deur die kloof.

“Harry! Is julle veilig?”

“Herman neem Liesl aan die hand en help haar by die grot uit. Hy klim tot in die oopte en wuif vir sy makkers onder in die kloof.

Liesl se bene bewe so dat sy skaars tot onder kan klim. Herman sleep-dra haar. Toe hulle onder kom, syg sy op die grond neer. Sy kan die rukkende trane nie keer nie.

’n Ent van haar af lê ’n gewonde stroper. ’n Wildbewaarder is besig om hom vas te bind. Uit die bosse kom nog ’n bewaarder met ’n geboeide stroper.

Die derde een lê dieper in die kloof. Hy is noodlottig gewond, hoor sy.

In die verte kom die helikopter weer nader. Liesl sit in ‘n bondeltjie en toekyk hoe die toneel om haar opgeruim word.

“Waar is Minka?” onthou sy skielik.

“Sy het gekukkig ontsnap. Ek sal haar netnou gaan soek,” lig Herman haar in.

Die helikopter land ’n ent weg en Liesl kan van ver af Erna se benoude roepe hoor. “Mamma? Mamma!”

Sy en haar kinders druk mekaar vas en huil en lag gelyktydig.

“Ek dog Ma sê ek moet versigtig wees! Ky net wat vang Ma aan! Jeez , wat ’n dramatiese aksie! Ek wens ek was eerder hier saam met Mamma!”

Erna pomp Ludwig goedig.

“Ag man, jy sou eerste weggehol het!”

Herman beduie hulle moet na die Jeeps en helikopter beweeg.

Die kinders klim in die helikopter. “Kom Mamma saam?”

“Toe Merrie, klim, ek gaan gou kyk of ek Minka kan kalmeer. Sy is glo hier af met die rivierpad.”

“Nee, ek kom saam. Ek wil self sien of sy ok is.”

Sy en Herman ry ’n ruk in stilte. Dan begin hy ruk soos hy lag.

“Wat is so snaaks? Ek was amper dood!”

“Liesl, jy trek drama soos ’n magneet aan! Ek begin al vermoed dit is gevaarlik om binne 100m van jou af te wees.”

“Dis nie so erg nie! Dis net dat so baie dinge gebeur het…”

“Ja, veral as jy in die omtrek is!”

Liesl kan nie anders as om saam te lag nie. Sy weet haar lewe klink deesdae al meer soos ’n draaiboek.

“Eers beroof hulle my en skiet my hond…”

“Hmm ja, moenie vergeet in watter gevaar jy my lewe geplaas het nie!”

“Watter gevaar?”

“Jissie girl, het jy vergeet hoe jou eksman my gedonner het?”

“Jy het hom die hardste geslaan, so ver ek kan onthou.”

Hulle hou ’n ent van die perd af stil. Sy lyk senuagtig en ritsel haar ore.

“Bly jy in die Jeep” vra Herman.

Hy stap stadig nader en praat saggies met Minka. Haar oë is wydgesper van vrees en sy runnik senuagtig.

Herman staan lank naby haar stil. Hy gesels saggies met haar. Dan beweeg hy tree vir tree nader tot hy haar toom kan raakvat. Dan streel hy haar saggies oor haar nek tot by haar rug. Hy herhaal die streelbewegings ‘n hele ruk voor die perd bedaar.

“Liesl, ek sal met haar terugry. Sal jy die Jeep kan bestuur?”

“Maar sal julle ok wees? Sy lyk so bang?”

“Ons sal dit stadig vat. Dit gaan lank duur. Julle moenie bekommerd wees nie. Ek gaan haar tyd gee.”

Minka laat toe dat Liesl haar oor haar groot kop streel. Sy maak sasgte runnik-geluide.

“Harry?”

“Ja, Merrie?”

“Dankie hoor, dankie dat jy my kom red het. Jy is die beste…”

“Wat kan ’n man anders doen met so ‘n ou drama queen soos jy in die omtrek?”

Herman trek haar nader en gee haar ‘n speelse soen op die voorkop. Dan klim hy op Minka en ry stadig die bosse in.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

ONS KYK TERUG: Verlede jaar se naaswenners van ons ma-en dogter-kompetisie

Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf   Om ma en dogter op papier te wees is…

4 hours Gelede

10 dinge wat met jou vel gebeur soos wat jy ouer word

Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…

22 hours Gelede

Wanneer seks seer is… | Wat is die oorsake en behandelingsmoontlikhede?

Deur Mariette Snyman       “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…

23 hours Gelede

Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge!

    Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier!     Modern 14 F13MG      Kleinhandelaar:…

1 day Gelede

Bernice West oor ouerskap: ‘Daar is nie woorde nie…’

Foto's: Instagram/Bernice West   Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…

2 days Gelede

5 vinnige visresepte vir aandete

Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.