kategorieë: Lees

Botox, Barbies en Bietse: Episode 28

Altyd jou pel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Henk bel teen dagbreek. Liesl kan Konrad sien as hy oor ’n week in die hof verskyn. Liesl kan dit nie help om hom te kap oor hy oor Isa gelieg het nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Waarvan praat jy mens? Konrad is my kliënt, nie Isa nie. Ek weet eintlik min van haar behalwe dat sy en Konrad saam is. Ek het nie eens geweet sy het ’n identiese tweeling suster nie. Hoe dink jy moes ek weet die vrou in die hospitaal en die histeriese een by Konrad se huis is nie sy nie! Of was laasgenoemde sy? Ek weet nou self nie meer nie. Ek wens jy wil ophou om my in hierdie situasie soos die vyand te beskou! Ek doen Konrad se egskeiding, ja, maar in hierdie geval veg ons om sy lewe! Ek weet jy vertrou niemand meer nie, maar jy sal my moet vertrou want ek is jou skakel met Konrad. En nou moet ek jou kan vertrou. Wat ek nou vir jou vertel, mag jy met absoluut niemand bespreek nie. Ons het nie hier met ammateurs te make nie. Dis ’n hoogs vaardige internasionale bedrogsindikaat wat die speelveld hier beset.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Na hulle ’n ruk oor die situasie gesels het, voel Liesl meer geneë om Henk tog te vertrou. Sy belowe ook plegtig om die inligting nie met Emily of enigiemand te bespreek nie.

“Op die oomblik lyk dit my die enigste huidige klag teen Konrad hier in Dubai was dat hy saam met die mans was wat vasgekeer is. Konrad bly by sy storie: hy is deur EMKO gestuur vir onderhandelinge om te probeer vasstel wie die baasbrein agter die bedrog is en wie sy lakei by EMKO is. Konrad het ’n vermoede, maar hy wil nie die naam noem nie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Liesl voel dit is veilig om haar vermoedens oor Isa se aanslag op haar lewe en haar wantroue in Gerben met Henk te deel.

“Dis belangrike inligting. Die saak word wyer as net by EMKO en ons polisie-besoek. Interpol het ’n oog op ’n paar van die manne wat saam met Konrad vasgetrek is. Ek gaan ’n bietjie die tweeling se naam laat nagaan. Ek sal ook graag wil weet of dit Isa is wat in Dubai is en wat sy hier maak. Konrad sê daar is lankal probleme, maar hy wou nog nie veel uitwei daaroor nie. Óf sy is hier om sy hart terug te wen, óf sy is hier omdat sy haar in sy ellende wil verlustig. Daar is baie raaisels in die besigheid wat Konrad nog nie met my gedeel het nie.”

Henk wil nie sê wie by EMKO Konrad gestuur het nie, maar beken dat dit net een of twee mense is. Wat die direksie betref, is Konrad die bedrogbrein by die maatskappy.

“Ek vertrou Gerben nie, Henk. Hy het nou saam met Konrad gewerk. Hy weet alles wat in Konrad se departement aangaan. En daardie fluitjieblaser. Ek weet darem nie hoe sy die vinger na Konrad kan wys sonder om Gerben te betrek nie. Dinge maak nie sin nie.”

“Ek weet, Liesl, dis ’n knoeispul en ’n helse gemors. Ek is bly jy en die kinders is veilig in die bosse want na Engela se dood en na jy my vertel het van jou vermoede oor Isa, is dit beter om niemand te vertrou nie.”

Liesl voel verlig dat Henk deur ’n prokureur in Dubai bygestaan word. Die storie haal blykbaar die koerante daar, maar eintlik net oor daar ’n skandaal by betrokke is. Henk verseker Liesl Konrad is nié die man wat alleen saam met die vrou in ’n kantoor was nie.

“Die ou het genoeg moeilikheid met vroumense. Ek glo nie hy sal sy lewe nog verder bemoeilik nie?”

Na die gesprek wil Liesl ontplof van al die nuwe inligting, maar sy weet sy sal Konrad se lewe in gevaar stel as sy dit met Emily of die kinders deel. Sy is verlig toe Heila haar nooi om saam te ry na ’n buurplaas waar die span die dag werk. Erna en Ludwig is vroeg reeds saam met Emily se span weg.

Heila het dieselfde innemende geaardheid as haar broer. Sy is ’n lang, aantreklike vrou met ’n duidelike passie vir diere, maar ook ’n fyn kunstenaarsiel. Sy skilder pragtig.

“Hoekom het jy nog nie uitgestal nie? Jou werk het ’n besondere diepte, weet jy?”

“Ek het al, toe ek jonk was, net na universiteit. Maar na die ongeluk het ek weggetrek uit die stad.”

“Die ongeluk?”

“O, dog jy weet. Ek en Herman het mos saam ’n groot tragedie beleef. Ons was beide verloof en dit sou ’n dubbele troue wees hier op die plaas. Ons veloofdes was, soos die noodlot dit seker wou hê, saam in ’n motor op pad plaas toe vir die troue toe hulle hier naby die plaas verongeluk het. Hul ouers het beide besluit hulle kan hier op die plaas begrawe word en ons het toe pleks van troue, begrafnis gehou.”

"Heila, ek is so jammer …"

“Ek en Harry het swaargekry en dit met die jare verwerk. Ek wou hier op die plaas wees waar Willem begrawe is en het mettertyd hier vasgegrawe geraak in die werk met renosters. Harry wou weer wegvlug van die plaas en het lank nie plaas toe gekom nie.”

“Wou nie een van jule ooit weer trou nie?”

“Ja, daar was potensiaal in ’n paar kandidate, maar jy weet mos, hoe mens is, jy vergelyk almal maar met jou groot liefde. Ek was een keer weer amper voor die kansel, maar het gelukkig betyds besef die ou stel meer in die plaas se kapitale inkomste belang as in my. En Harry het een keer so ’n popsie gehad met ’n geweldige lus vir trou, maar geen lus vir die plaas nie. Toe loop dit soos. Sjoe, ek was verlig daaroor!"

“En daarna?”

“Jy is mos vriende met Harry en weet hoe is hy. Altyd ’n vrou se beste pel. Nooit meer nie. Daai broer van my is na daai Barbiepop met die geite bang vir trou, ek sê jou nou hy geniet sy loshotnotlewe te veel. Hy doen soos hy wil. En, watter vrou dink jy sal met daai spul brakke op sy werf kan oorleef?”

Liesl voel vreemd verlig in haar hart dat sy nou weet Dr Harry is waarlik net haar vriend. Sy het al oomblikke gehad waarin sy gedink het iemand soos Harry sou ’n goeie lewensmaat kon wees.

Nou weet sy, Harry gaan altyd net haar vriend bly.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

19 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

19 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

20 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

21 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

23 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.