kategorieë: Lees

Botox, Barbies en Bietse: Episode 26

KONDENSMELK-KOFFIE

Daar is niks soos ’n nuushond wat ’n storie ruik nie. Emily en Johan is skoon op hol oor die misterie rondom Isa. Johan glo hier kom ’n scoop wat nog ’n prys op sy kaggelrak kan besorg. Emily sien ook visioene van ’n pryswennende dokkie wat sy oor die hele EMKO-misterie gaan maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die twee bring die helfte van die nag op hul fone deur. Planne word beraam en kontakte word gebel. Liesl sit op Emily se bed en beluister die hele gedoente. Sy kan in elk geval nie slaap nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Johan het ’n kontak met ’n betroubare kontak in Dubai. Hulle sal kan vasstel waar Bella Conradie tuisgaan. Hy glo ook Isa en Bella sal nie sommer vir niks so ’n groot risiko loop nie. Hulle behoort te weet as die regte Isa in Dubai met ’n vals paspoort gevang word, is sy dieper in die sop as Konrad! Johan se teorie is dat Isa die perfekte alibi probeer skep. Sy het planne daar in Dubai. As sy iets daar aanvang, kan sy mos die verskoning gebruik dat sy in Suid-Afrika in die hospitaal was? Dit moet iets baie ernstig wees as die sussies so ’n knoeispul vol risiko’s aanpak.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Liesl begin wonder of Henk inderdaad die waarheid gepraat het. Dalk het die “Isa” in die hospitaal hom ook om die bos gelei? Sy wil graag glo dat daar inderdaad probleme tussen Isa en Konrad is, maar wat sal sy dan in Dubai gaan maak onder sulke gevaarlike omstandighede?

“Liesbet, gestel Isa is in op die bedrog? As daar probleme tussen haar en Konrad is, wil sy haarself dalk beskerm en wil sy in Dubai gaan seker maak Konrad praat nie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Of sy is dalk obsessief en wil hom terugwen!”

“Nee, ek glo daar skuil baie meer onder daardie popsie se lae make up as wat ons dink. Sy is ’n slinkse enetjie, glo ek. Dalk is al die botox en big hair net ’n dekmantel? Dink nou mooi: As sy so ’n ingewikkelde knoeispul soos nou aanpak, glo ek sy was die een wat jou daardie aand in jou studio probeer vermoor het. En, hoekom kamma vir ’n face lift gaan as jou lover landuit vlug en jou in jou liefde agterlaat? Sy het daardie face lift beplan, sê ek jou.”

“Maar dis Bella in die hospitaal!”

“Presies, Isa het haar sussie vir die face lift gestuur. En ek glo nie die storie oor die infeksie nie. Daardie plastiese chirurg is scaly. Ek glo hy weet sy pasiënt is nie Isa nie, maar Bella. Hy is in op die ding, ek sê jou.”

“Em, miskien hol jou verbeelding nou te ver paaie?”

“Ai ou Liesbet, jy kan soms so naïef wees! Kan jy nie sien hier is ’n drama van epidermiese proporsies aan die gang nie? Dis die soort intriges waarvan 7de Laan se skrywers maar net kan droom! Glo my, ek en Johan gaan die spul ontrafel en dan gaan jy jou hande saam slaan van verstomming. Ek glo almal in daardie EMKO-gebou weet wat aangaan en hulle keer vir ’n vale vir hulle joppies. Die bedrog en knoeispul versprei daar in die lugversorgingstelsel!”

Johan en Emily het besluit Gerben is die volgende mens op wie hulle gaan fokus. Dié vaalseun se beeld is volgens hulle net té skoon.

“Ek en Johan het gewonder: Hoekom is Gerben se side kick dan juis die fluitjieblaser en nie hy nie? Hy kon mos al die glorie gekry het en ons weet hoe uitgehonger daai mannetjie vir ’n bietjie glory is. Ek het lank met hom staan en praat by Konrad se verjaarsdagbraai. Daai ou het ’n ongesonde ambisie.”

“Miskien is jy reg oor hom, Em. Ek vertrou hom ook nie. Ek het baie met hom gepraat toe Isa en Konrad se affair uitgekom het. Ek kon nog nooit my vinger daarop lê nie, maar iets het nie sin gemaak nie. Toe ek hom laas in sy apartment besoek het, het liters sweet op sy voorkop gepêrel van spanning. Hy was senuweeagtig. En ja, sy kamma gretigheid om Konrad te help…”

Die vriendinne raak al pratende onder Emily se duvet aan die slaap. Dit voel of hulle net enkele minute geslaap het toe iemand aan die deur hamer.

“Wat de fffff… Harry! Is jy nou mal! Ons het dan nou net gaan slaap!”

“Kom kom, meisies, hier is beskuit en koffie. Die perde is al opgesaal. Julle twee Boere Koegels is nou op die plaas. Ek wil niks verskonings hoor nie, ek wil julle die mooiste sonsopkoms in die wêreld gaan wys.”

Liesl voel verlig dat Harry haar iets gee om haar aandag af te trek. Sy het ’n dowwe hoofpyn van al die kommer en kinkels in die kabels.

Sy kry byna ’n floute van verstomming toe sy sien Ludwig is reeds aangetrek en saam met Harry doenig by die perde. Erna deel blykbaar haar en Emily se sentiment oor die opstanery voor die son opkom. Sy is effe dikbek.

Die reuk van dou, nat gras en ’n effense byt in die vroegoggendlug volg hulle saam met die rustige voetstap van die perde deur die veld. Hulle ry tot op ’n hoogte. Die asembenemende uitsig stroop hulle van woorde.

Met ’n beker kondensmelk-koffie tussen haar hande, gaan sit Liesl alleen eenkant. Sy wil haar kop probeer skoon kry. Vir eers aan niks probeer dink.

Die son wat in die verte kop begin uitsteek, kleur die landskap soos ’n skildery. Dit voel vir Liesl vreemd dat te midde van al die natuurskoon haar hart so vertroebel kan voel.

“Merrieperd, moenie so bedruk lyk nie. Ek weet als is nou deurmekaar, maar als gaan regkom. Jy sal sien.”

Harry gee haar ’n broederlike drukkie soos net hy kan. Hy gooi haar beker weer vol kondensmelk-koffie. Erna kom kruip onder haar arm in en skielik weet Liesl, hierdie ding gaan haar nie onderkry nie.

Sy gaan dit ook op haar eie uitrafel.

Dan kan sy en haar kinders weer aangaan met die lewe.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself

Toets 1 Ek voel emosioneel dood. Dit is asof ek my werk en my kollegas op…

10 hours Gelede

6 oefeninge wat snork stop sit

Ons snork omdat ons keelweefsel pap raak. Spiere wat nie gebruik word nie raak pap…

10 hours Gelede

5 dekorflaters om te vermy

Dit is nie altyd maklik om jou eie huis te versier nie. Ons het gaan…

10 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met André de Villiers oor nuwe seisoen van ‘4×4 Met André’

Maak jou reg vir ’n onvergeetlike Namibiese 4x4-avontuur met die bekende 4x4-spesialis, André de Villiers.…

11 hours Gelede

Marciel groet vanjaar ‘Boer soek ’n vrou’

In ’n eksklusiewe onderhoud met Landbouweekblad het die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Hopkins onthul…

13 hours Gelede

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.