kategorieë: Lees

Botox, Barbies en Bietse: Episode 2

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Gellings troostee

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Konrad het moeilikheid. Groot moeilikheid.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Liesl lag uit haar keel as die man wat haar en die kinders regeer het soos ‘n skoothondjie al paaiende agter die ouer weergawe van Barbie aanstap.

‘n Spektakel in haar tuinpaadjie. Eens was dit haar en Konrad se tuinpaadjie.Weerskante van die netjiese plaveisel het tot ‘n paar maande gelede sipresboompies in gelid erewag gestaan. Sy wou roosbome hê, Konrad sipresse …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maar sedert Konrad uitgetrek het en die baldadige, ongetemde Great Dane, Maks, ingetrek het, groei daar net bossies. Maks het die sipresse een vir een uitgepluk en plesierig op die grasperk daarmee “gestoei” voor hy dit dit in stukkies gebyt het.

Dit was in die eerste weke nadat sy Maks by die DBV gaan aanneem het, haar en haar nuwe huismaat se skemeraand vermaak. Sy het op die stoep met ‘n glas wyn gesit en gade slaan hoe hy Konrad se pragtuin vernietig. Kort-kort het sy die glas gelig en ‘n heildronk op nog ‘n gevalle boompie ingestel. “Tjorts ou Maks!”

Toe Bernard van die DBV haar deur die hokke van die honde op “death row” geneem het, het sy en Maks oogkontak gemaak.

“En die een?”

“Opreg. Hy is nog jonk. Iemand het hom voorheen aangeneem en na ‘n week teruggebring omdat hy ‘n verwoestingspad op hulle erf nagelaat het.”

Bernard het vertel hoe hulle die hond na ‘n klagte van bure by sy oorspronklike eienaar moes gaan wegneem. Hy was in ‘n klein ruimte toegesluit en was verwaarloos en gefrustreerd.

“Hulle het hom vir ons gegee sonder enige protes. Die ou storie. Koop ‘n oulike babahondjie en as hy groot word, is hy nie meer so oulik nie … oor hulle nie aan hom aandag gee nie en hom nie wou oplei nie.”

Sy het na die verstote hond in die hok gekyk. Om hom het sy beddegoed in stukkies verskeur gelê.

“Ek sal hom vat.”

“Is jy seker? Dis ‘n groot hond en hy is wild.”

“Ek weet, kom ons gaan doen die papierwerk.”

Bernard het haar erf kom goedkeur en haar gewaarsku dat die spogtuin na ‘n ruk nie meer tuinskou-gehalte gaan wees nie.

“Dis reg met my!” het sy die verstomde man toegevoeg.

Dis hoe sy en Maks by mekaar beland het. Twee rejects. Hulle ken dieselfde frustrasie. Sy was ook jare in ‘n “klein ruimte” opgesluit.

Liesl stap terug na die lapa en skink ‘n glas wyn en gaan sit op een van die rottang dagbeddens. Maks klim pens en pootjies langs haar op en lê met sy kop op haar skoot.

“Jy het groot moeilikheid veroorsaak, weet jy?”

Die hond knip sy oë en lyk effe skuldig. Sy vryf oor sy kop.

“Dankie jou wille ding.”

Oee, dié episode gaan Konrad duisende rande skoonheidsbehandelings en inkopies kos, weet sy sommer. Isa is “high maintenance”.

Isa en Konrad se teenwoordigheid saam in haar geselskap pla haar nie meer nie. Het sy van die gekwetste eks vrou in die geamuseerde toeskouer verander?

Die Pajero trek met skreeuende bande weg en na ‘n paar minute kom Konrad druipstert aangestap.

“Is jy nou tevrede?” Hy is woedend. Maks grom en gaan staan dreigend voor hom.

“Beteuel jou monster,” sis hy.

“Maks, kom lê hier by my, Ma se liefie …”

“Is jy mal om die vieslike hond op die duur stel te laat lê! Kyk hoe het hy die armleuning al gekou! Die ding hoort op ‘n plaas. Hy lyk soos ‘n donkie!””

Sy streel Maks se kop.

“Sy tande jeuk want hy is nog jonk, en … dit is nie meer jou meubels nie … onthou?”

“Ek het geweet jy sal als deurtrek as ek weg is…”

Sy lig haar hand om hom stil te maak.

“Dis nou my huis, my lapa en my meubels. As jy nie met my ordentlik kan praat nie, skoert! Het Ertjiebrein vir jou weggery? Foei … arme Konnie.”

“Moet my nie so noem nie!”

“Tsk tsk tsk” klap sy haar tong simpatiek.

“Maar Mamma noem jou dan so? Of moet ek jou Kon noem, soos Isa?”

Konrad gooi vir hom ook ‘n glas wyn in.

“Gaan trek jou aan!”

Sy staan op, vou die japon effe stywer, en voel-voel agter die lapa se yskas. Sy haal ‘n pakkie sigarette uit en steek een aan.

“Jy rook!” Hy is merkbaar geskok.

“Al jare, my skat!”

Hy haat rook obsessief. Sy hou ook nie daarvan nie, maar dit het deel van haar stille rebellie geword. Saans as hy met sy eie dinge besig is, het sy hier in die lapa kom sit en rook.

Sy foon lui. Sy kan die skril stemmetjie aan die ander kant hoor.

“Dit is nie wat jy dink dit was nie … Dit was die hond se skuld …”

Liesl lag oor die dejavu wat die woorde oproep.

“Arme Konnie, sy glo jou nie? Ek het jou ook nie geglo toe ek jou die eerste keer met Erna se hokkiejuffrou in ‘n omhelsing betrap het nie. O ja, sy het jou mos geluk gewens met ons kind se prestasies? Ai, ek vergeet so gou.”

Konrad snork verontwaardig.

“As jy nie so kaal rondgeloop het nie …”

“Hmmmm Konnie, ek dog dan jy sien my lankal nie meer raak nie? Maak dit saak wat ek aantrek? Ai ai … En toe, was it good for you too?”

Sy het haar nie verbeel nie, vir ‘n breukdeel van ‘n sekonde het sy geweet hy geniet die stoeiery. Sy kon dit voel.
Hy gryp na die pakkie sigarette en steek een aan. Sy hand is nogal geoefen vir ‘n man wat nie rook nie, merk sy.

“Weet jy waarna het dit gelyk met jou so op my? In jou japon? Half kaal?”

Sy trek behaaglik aan haar sigaret.

“Maar jy het my dit dan geleer! Jy hou mos van daardie posisie? Die vrou bo? Ons is wel bietjie uit oefening.”

Hy waardeer, soos gewoonlik, nie haar humor nie.

“Wat de hel gaan met jou aan? Drink jy? Jy is heeltemal buite beheer Liesl!”

Sy koggel hom: “Jy is heeltemal buite beheer Liesl! Jy is heeltemal buite beheer Liesl!”

“Nee ek is nie! Ek het net teruggekeer na die mens wat ek was voor jy my na jou ‘hand grootgemaak het’ soos jy so graag vertel het.”

Konrad probeer weer bel. Isa se foon is af.

Liesl sluk die laaste bietjie wyn in haar glas en druk die sigaret dood. Sy voel skielik tot die dood toe moeg.

“Jy ken die pad uit. Ek moet gaan prentjies verf …”

Sy weet sy oë volg haar as sy wegstap. ‘n Jakkals soos hy raak nooit uit oefening nie.

Hoe lank sy so met haar gevoude hande in haar skoot voor die skilderdoek gesit het, weet sy nie. Dis lank verby middernag. Haar kop was weer op reis. Dinksiekte, noem Liesbet dit.

“Jy moet ophou met die dinkdiekte. Dit vat jou slaap,” maan die liewe vrou gereeld as sy troostee aandra. Sedert Konrad finaal die huis verlaat het, het sy gellings troostee gedrink.

Sy roep na Maks. Sy het nie eens agtergekom hy is nie by haar nie. Die agterdeur is nog oop.

“Maks?”

Sy stap lapa toe.

Konrad lê opgekrul op ‘n stukkie van die dagbed. Maks vul die res van die bed. Sy kop lê op Konrad se bors. Daar waar haar kop many moons ago so graag genestel het.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Kry katte en honde ook Alzheimersiekte?

Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…

1 day Gelede

Hoe om die kleredragreëls op uitnodigings te verstaan

Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…

1 day Gelede

Is jou kleinding se sintuie oor- of ondersensitief?

Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…

1 day Gelede

Waatlemoen-pizza met gebraaide feta

Die nuwe (en gesonder!) pizza - in slaai-vorm!

1 day Gelede

Bessiejellies

Genoeg vir 6 Bestanddele   625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Len Muller oor sy passie vir musiek en sy gesin

Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.