Nagsluiper
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Op die verlate parkeerterrein van EMKO staan ’n motor in die verste donker hoek. Die rooi kooltjie van ’n sigaret gloei kort-kort in die donker.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }By die ontvangstoonbank in die helder verligte moderne gebou gaap nagwag Piet Steyn die soveelste keer. Sy tee-fles is byna leeg en dis nog maar skuins na middernag.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die waarnemer wag dat Moeder Natuur Piet roep. Die roetine is altyd dieselfde. Piet staan op, strek sy gesette lyf uit, gaan maak ’n dampie op die stoep, en dan gaan loop hy ’n noodsaaklike draai.
Hy verdwyn buite sig van die verkyker wat hom vanaf die parkeerterrein dophou.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die motordeur word versigtig oopgemaak en die figuur in swart sluip in die skadus oor die leë parkeerarea. Dit neem sekondes om oor die elektroniese draaihek in die voorportaal te spring en by die brandtrap op te glip.
Om presies tien oor twaalf, as die skoonmakers van vloer 24 na 25 in die EMKO gebou beweeg, word ’n rekenaar in die hoekkantoor van vloer 24 aangeskakel. Vaardige vingers speel oor die sleutelbord. Finansiële grafieke flits blou oor die skerm en verlig die frons van konsentrasie op die nagsluiper se gesig. ’n Geheuestokkie laat ’n goen liggie flikker.
Dan word die foto op die hoek van die lessenaar opgetel. ’n Fris blonde seun met krulhare lag met grys oë vir die kamera. Langs hom staan ‘n meisie met dieselfde grys oë en ’n welige bos hare.
Die pennetjies aan die agterkant van die raam word oopgebuig en honderde stukkies van die foto fladder na die grys mat.
Die lem van ’n briewemes glim in die buisligte van die kantoor. Dit sny heen en weer oor die groen leerbank in die hoek. Die bonsai-boompie op die koffietafel ontsnap nie die geruislose woede-aanval nie.
’n Kannetjie spuitverf rond die verwoesting af. Oor die toekennings en graadsertifikate skree rooi verf ‘n duidelike boodskap uit: “Jy sal spyt wees.”
Liaseerkabinette se laaie maak sagte skuifgeluide en uitverkose leggers word in ’n rugsak geprop.
Die besoeker sit ’n wyle die verwoesting op die rusbank en aanskou. Net die sagte borrels van die vistenk wat oor die een muur strek, verbreek die stilte. Peperduur arowanas swem grasieus deur die plante.
Die oopknip van die deksel laat hulle saam bondel ingeval dit voertyd is. Met behendige bewegings van die net word goudvissies in die bak op die koffietafel vasgekeer en in die reuse tenk losgelaat, net om blitsvinnig verorber te word.
Met ’n sagte geklingel word ’n kristalglas uit die drankkabinet gehaal. Moedswillige hande neem die vyftig jaar oue bottel Chivas Regal Royal Salute uit ‘n glaskas en breek die seël voor die goue onbekostigbare vloeistof die glas vul.
Dan volg vinnige voetstappe teen die skemerverligte brandtrap af. By elke draai is daar eers ’n verposing, om seker te maak daar is nie ’n veiligheidswag nie.
Op die grondvloer wag die figuur geduldig dat die wag by die toonbank weer opstaan voor die elektriese hek weer met ‘n ratse swaaisprong vermy word.
Shorty van Zyl is reeds lankal in ’n ligte beswyming voor die klein TV in die wagte se kamertjie by die hek en hy roer net effens as hy die gedreun van die Mercedes hoor. Hy wag tot hy hoor die valhek lig as die toegangskaart deurgeglip word.
Soos gewoonlik, is Engela van Heerden, persoonlike assistent van die magtige EMKO se finansiële bestuurder vroeg op haar pos.
So sorteer pos en gooi ’n gietertjie vol water om haar baas se bonsai te gaan laaf.
Sy steek vas as sy die flentertjies van die foto oor die kantoorvloer verspreid sien. ’n Gilletjie ontsnap as sy die graffiti teen die muur en die verflenterde leerbank sien. Kerneels, die gesogte baobab-bonsai dryf saam met ’n leë bottel Chivas Regal Royal Salute in die akwarium. Ses arowanas dryf pens na bo in die whisky gegeurde water.
Die sekuriteitsmense is vining op die toneel. Die polisie word gebel.
Engela probeer Konrad se selfoon bel, maar dit is afgeskakel. Hy het die nuwe nommer in groot geheim aan haar gegee vir die tyd wat hy oorsee gaan wees.
Die sekuriteitspan en polisie hou die skraal figuur in swart se bewegings op die sekuriteitsvideo dop, maar kan die persoon nie identifiseer nie.
Die sekuriteitskaart wat by die hek gebruik is, is die van Melope Nkobedi, ’n bode wat ses maande gelede in ’n motorongeluk gesterf het.
Op aanbeveling van die speurders bel Engela Liesl.
“Het jy iets van Konrad gehoor?”
Sy vertel van die inbraak by die kantoor.
“Liesl, ons wil jou nou nie op hol jag nie, maar die speurders vermoed Konrad se lewe is in gevaar. Hulle wil jou kom sien want jy en die kinders sal dalk ook beskerming nodig hê.”
Engela werk al 20 jaar by EMKO en is al vyf jaar Konrad se persoonlike assistent. Liesl skrik as sy besef die immer komkommerkoel Engela klink ontsenu. Haar maag trek op ‘n knop oor Konrad se welstand.
Waar is hy? Sy wens hy het haar in sy vertroue geneem.
“Engela, het jy Isa gebel?”
“Ja jong, ek het madam uit haar beauty sleep laat ontwaak. Ek was verbaas dat sy Konrad nie soos ’n stertjie oorsee gevolg het nie. Sy los hom mos nie ’n oomblik alleen nie.”
Engela lig haar in dat Isa glo ’n “mediese prosedure”moet ondergaan en dis hoekom sy Konrad nie kon vergesel nie.
“Ek het nie geweet hulle plant al breine in Suid-Afrika oor nie. Dis omtrent al wat daai een nog nie laat doen het nie. Pleks het sy daarmee begin.”
Liesl is te gespanne om vir Engela se skerp tong te lag. Een blokkie inligting wat Engela laat glip het, draai in haar kop: Melope Nkobedi.
Sy onthou die eerste keer wat Konrad die Zambiër huis toe gebring het om met los werkies in die tuin te help. Toe Konrad sy haksening met muurbal beseer het, was Melope ook vir maande sy motorbestuurder. Liesl was hartseer om van sy dood te hoor. Toe Konrad haar die nuus megedeel het, het hy nog gesê Melope is die beste chauffeur omdat hy vining en behendig deur verkeer kan vleg.
“Is dit nie ironies nie? Melope het nog nooit ’n motor eens geskraap nie. Dat hy nou in ’n ongeluk moes sterf,” het Konrad nog erg geskok gesê.
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…
Genoeg vir 6 Bestanddele 625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…
Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…
Hierdie webwerf gebruik koekies.