Leeg
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Konrad bel vroegoggend. Hy is kortaf en klink gespanne.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }“Ek is bly jy is by die huis. Ek kom vandag my dokumente in die motorhuis opruim. Ek sal nege-uur daar wees.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Liesl probeer nog met hom praat oor Erna wat op pad Suid-Afrika toe is en Ludwig se rugbytoer, maar hy is duidelik nie lus vir praatjies nie.
“Ek en my span sal netnou daar wees.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Jou span? Dis mos nie so baie werk nie?” vis sy uit.
“Ons sal deur van jou ou dokumente ook moet gaan. Ek wil seker maak al my goed is in orde.”
Die manier waarop hy bevele uitdeel, bring ou herinneringe vir Liesl terug. Wat wil Konrad met haar dokumente doen? Hy het mos niks met haar sake te doen nie?
“Dis noodsaaklik,” knip hy haar besware kort.
’n Uur later arriveer hy en drie jong senuweeagtige klerke met ’n paneelwa. Hulle laai ’n paper shredder en twee opvoutafels uit en vra Liesl om haar motor uit te trek om vir hulle meer ruimte in die dubbelmotorhuis te gee. Die dubbele deure word toegemaak.
“Kan ek vir julle iets bring om te drink? Sal julle nie beter werk met die deure oop nie?”
Die klerke kyk haar verskrik aan en loer onderlangs na Konrad.
“Ons is reg, dankie. Die oop deur sal ons net pla.” Konrad maak dis duidelik dat haar teenwoordigheid in die motorhuis oorbodig is. Die klerke begin dadelik kratte dokumente van die rakke afhaal en deursoek. Sy hoor vir ure aaneen die gedreun van die paper shredder.
Iets aan die manier waarop Konrad die “opruiming” aanpak, is vir Liesl vreemd. Hy is so ’n perfeksionis dat hy presies behoort te weet watter dokumente in elke krat geliaseer is. Na hy uitgetrek het, het hy die dokumente deeglik deurgegaan en met sy pynlike manier van werk, glo sy daar is geen onnodige papiertjie in ’n krat nie. Hoekom die vreeslike proses om dokumente in miljoene repies te sny? Met belangstelling sien sy hoe tientalle swart sakke met afvalpapier in die paneelwa agter die huis geprop word.
Sy probeer op haar skildery fokus, maar haar gedagtes bly by die bedrywigheid in die motorhuis. Laatmiddag vertrek die klerke met die paneelwa. Sy skrik toe Konrad skielik in haar ateljeedeur staan.
“Wat gaan aan, Konrad? Daar is seker nie ’n heel papiertjie oor in die motorhuis nie. Hoekom als vernietig?”
Verstom kyk sy hoe hy ’n sigaret aansteek. Hy bied vir haar ook een aan.
Liesl lag byna oor die ironiese situasie. Hier sit hulle twee soos stout skoolkinders en rook. Die vrou wat al die jare skelm gerook het om haar man te treiter, en die man wat al die jare rook met ’n passie verpes het.
“Ek gaan vir ’n ruk weg,” kondig Konrad aan.
“Sakereis?” vra sy en blaai deur die dokumente wat hy voor haar neersit.
“Soort van … Teken asseblief my nuwe testament. Daar is ook dokumente wat jy moet hou van geld wat ek vir die kinders belê het.”
’n Benoudheid kom lê soos ‘n baksteen op Liesl se maag.
“Is jy siek? Wat gaan aan? Jy maak my bekommerd.”
Konrad laat sak sy kop tussen sy hande en sit ‘n rukkie so.
“Liesl, ek het ’n paar goed om uit te sorteer. Ek sal vir ’n rukkie weg wees en jy moet asseblief die kinders se geldsake help bestuur. Ek sal vir jou geld inbetaal.”
Die inligting voel te veel vir Liesl om te verwerk. Iets aan die hele dag se gebeure gee haar ’n onheilspellende gevoel. Konrad het nog altyd die nou en reguit weg met sy sake geloop, maar sedert hulle gesprek in die hospitaal wonder sy of dinge in sy loopbaan pluis is.
“Is jy in die moeilikheid? Praat met my! Ek moet weet wat om vir die kinders te sê as jy skielik net weggaan. Hoe lank gaan jy weg?”
Konrad steek nog ’n sigaret op. Sy hande bewe. Liesl merk op sy hare is effe te lank. Dis nie in Konrad se aard nie. Hy is pynlik op sy hare. Pynlik op alles.
“Ek vlieg môre. Ek wil net bietjie wegkom. Ek sal laat weet hoe dit gaan. Lies, daar is nou te veel dinge deurmekaar. Ek weet ek kan nie eintlik vra dat jy my met iets moet vertrou nie, maar glo my, ek sal dinge uitsorteer. Wat ookal gebeur, onthou ek … ”
Hy staan op, druk haar vas en stap uit die studio. Sy volg hom tot by sy kar. Hy klim in, kyk vir ’n rukkie na haar, en trek weg.
Skielik wens sy Konrad se enigste probleem was sy affairs. Die ding wat nou soos ’n wolk oor hulle kom hang het, is vir haar vreemd.
Sy kan net nie van die gevoel ontslae raak dat Konrad in ’n vreeslike moeilikheid is nie. Dit het beslis iets met Isa te doen, kon sy aflei van haar gesprek met Konrad in die hospitaal.
Sy maak die motorhuisdeure oop. Waar sy dokumente eens geliaseer was, staan net ’n hoop leë kratte. Selfs die etikette waarop Konrad so getrou alles in hulle huis gemerk het, is van die kratte afgehaal.
Dis asof hy al sy spore probeer uitwis. Die dokumente was die laaste van sy besittings in die huis.
Die gebeure van die dag is vir haar anders as die keer toe hy sy klere en boeke kom haal het. Toe het sy geweet hy doen dit omdat hy nie by haar wil wees nie.
Maar vandag. Sy kry die gevoel dat hy haar en die kinders teen iets wil beskerm.
Maar teen wat?
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…
Genoeg vir 6 Bestanddele 625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…
Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…
Hierdie webwerf gebruik koekies.