Slaappille
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Eers toe Liesl voor Emily se huis stilhou, onthou sy haar vriendin is in Kenia om aan ’n dokumentêre program te werk. Waarheen nou? Sy wil nie alleen wees nie. Haar kop hardloop in alle rigtings en kom meestal in doodloopstrate te lande. Die stukkies van haar selfbeeld wat sy na die staptog in Europa aanmekaar kon las, lê aan skerwe op Fago koffiewinkel se vloer in Sandton. Sy wens Maks was al by die huis. Die enigste ding wat haar keer om by haar hond te gaan kuier is omdat haar beeld in die kar se truspieëltjie haar koggel dat sy inderdaad nou soos ’n nar lyk. Haar maskara het saam met trane haar wange besmeer en die skelrooi lipstif het gesmeer toe sy dit met ’n servet probeer afvee.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Sy wens haar ma het nog geleef. Haar ma sou weet waarheen nou. Sy is immers ook deur ’n man gebreek en weggegooi.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die enigste paar redelike gedagtes wat sy het, maan haar om nie nou in ’n pitypaartie te verval nie. Nie weer nie. As sy ’n ompad om die nuwe slaggat in haar siel kan stap, sal sy weer okei wees, weet sy, maar die ompad is ver en haar energievlakke nul.
Dis vreemd dat sy dit nog in haar het dat Konrad haar met sy onbewaakte tong kan kwets. Selfs na al die jare waarin sy keer op keer besef het hy het ’n gewetenlose streep, aangevuur deur selfsug. Soos sy hom ken, sal hy later bel en sê hy is jammer, maar deur die jare was al die jammer nie meer genoeg om die letsels toe te pleister nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }In die badkamerkassie grawe sy die pienk kalmeerpilletjies uit wat sy in maande nie nodig gekry het nie. Sy weet van beter, maar sluk twee met ’n glas wyn af. Dory Previn sing dat die kristalglase op die buffet bewe:
I was riding in my car
Screaming at the night
Screaming at the dark
Screaming at the fright
Liesl wag dat die pille se strelende effek oorneem, maar die toneel in Fago speel oor en oor in haar kop af. As sy haar oë oopmaak, sien sy Konrad se mooi mond. Dit vorm in stadige aksie die woorde: “Jou nar, jou gek …”
Aangehits deur Dory se lirieke skink sy ’n tweede glas wyn. Die stem van waarskuwing in haar kop is nou stil.
Op die mat waar eens ’n jong man en ’n vrou mekaar se lywe geniet het as die kinders weg is, dans ’n middeljarige vrou op die maat van treurige musiek. Heen en weer, een twee drie, een twee drie … In haar hand ’n bottel wyn. As sy haarself van buite kon sien, sou sy besef Konrad is in ’n mate reg, sy is buite beheer. Liesl van die noordelike voorstede is buite beheer.
Vir dae al het haar lewe ’n momentum van sy eie. En dit is vinnig besig om uit sy wentelbaan te tol.
Toe sy teruggekom het van die Camino was haar dapperheid vars en sterk. Sy het geglo sy het haar seer vernedering uit haar kop gestap. Kilometers kronkelpaaie het sy haar probleme en selfbeeld uitgesorteer. So het sy gedink. Sy kon Konrad en die wêreld uitdagend in die oë kyk toe sy terugkom.
Tot ’n week gelede.
Sy dans tot in ’n droom waarin sy ’n vrou skilder, maar terwyl sy skilder, krimp die doek al kleiner. Sy probeer keer, maar die vrou se hare begin groei tot oor die kante van die doek. Dit rank soos ’n plant en is besig om haar studio in te neem. Sy snoei vergeefs, maar die ranke bly ontembaar. Sy probeer later uit die ranke, wat haar wil verswelg, vlug. Sy vlug na ’n veilige plek wat haar warm toevou.
“Liesl! Liesl!” Iewers roep iemand na haar. Sy wil nie na die ranke in die studio teruggaan nie. Sy voel veilig waar sy is.
“Liesl! Word wakker! Liesl!”
Sy voel ysige water oor haar spuit en probeer daarteen veg want dit ruk haar uit die rustige waas. Sy maak haar oë verward oop. Wat gaan aan? Sterk arms vou om haar en probeer haar verdrink.
“Liesl!” Konrad se stem dring tot haar deur. Konrad en die ysige water.
“Moenie weer slaap nie, bly wakker! Wat het jy aangevang? Hoeveel pille het jy gedrink?”
Haar gedagtes vorm die woorde, maar haar mond bly stom.
“Bly wakker! Iemand kom ons nou help. Hoor jy my?”
Sy wonder wat sy en Konrad in die stort maak. Haar hande probeer die water keer. Konrad hou haar hande vas.
Dan hoor sy nog stemme. Wat maak die mense in haar badkamer?
“Ons het n leë pilhouertjie in studio gekry. Kalmeerpille. Lê haar neer sodat ons kan oorneem.”
Iemand druk iets oor haar mond en neus. Dit blaas koel lug in haar neus.
Sy sien helder ligte, hoor stemme, maar sy wens hulle wil weggaan sodat sy kan slaap. Dis so lekker om net rustig te kan slaap.
“Is jy wakker?” Sy sien Konrad se grysblou oë teen haar gesig.
“Jy is in die hospitaal. Jy is ok, hoor jy my?”
Niks maak vir Liesl sin nie. Sy wil net slaap. Sy dwarrel weg in drome wat haar na ’n paar uur uitspoeg in die werklikheid. Sy maak haar oë oop en sien Konrad in ’n stoel sit. Hy lees koerant. Die kamer lyk soos ’n hospitaalkamer.
“Konrad?”
Hy gooi die koerant neer en staan skierlik langs haar bed. In die volgende paar uur begin haar brein meer fokus.
Konrad het, soos sy in haar newels voorspel het, skuldig gevoel en na werk na haar huis gery. Hy het haar bewusteloos in haar studio gekry en in die koue stort probeer bybring tot die ambulans opgedaag het.
“Ek het net twee pille gedrink, regtig,” probeer sy Konrad en die sielkundige vergeefs oortuig. “Daar was omtrent nog net ses pille oor en ek het dit maande laas gebruik. Net gister …”
Sy luister in ongeloof hoe na sy aan die dood was. Maar sy verstaan nie. Sy wou regtig nie doodgaan nie. Sy kan nie onthou dat sy na die eerste twee pille nog gedrink het nie.
Sy onthou die skuldige gedagtes toe sy die twee pille met wyn afgesluk het. Wat gaan met haar aan? Is sy besig om mal te word? Sy was nie lank gelede nie net nog n ma wat haar kinders na buitemuurse aktiwiteite rondgery het en saans gesukkel het om iets opwindends vir aandete op te dis.
Die volgende twee dae is sy te swak om op te staan. Konrad boer langs haar bed.
“Ek is so jammer oor als Lies.” Hy huil.
“Ek het jou verniel met my selfsug. Ek het die beste vrou opgemors.”
Hy bieg, huil en bieg vir wat vir haar soos ure voel. Eintlik wens sy hy wil ophou want sy ken die storie reeds. Dis net dat dit die keer uit sy eie mond kom en haar emosie is te stomp om te bepaal hoe sy daaroor voel.
Hy rakel sy kinderjare weer op. Sy ambisie, die gesukkel om bo uit te kom, die ewige behoefte na meer …
Maar hy rep nie ’n woord oor Isa nie. Hy bely en bieg oor als voor Isa in sy lewe gekom het. Sy woorde maak draaie om sy laaste verraad.
Toe sy uiteindelik genoeg krag het om regop te sit en te probeer opstaan, keer die verpleegsters haar.
“Wag net tot die sielkundige saalrondtes doen, Mevrou…”
Die sielkundige laat Liesl veilig en rustig voel. Sy vra weer uit oor wat Liesl van die aand onthou toe sy die pille gedrink het.
Dory Previn se weemoedige musiek, die wyn, die dans…. Liesl onthou stukkies. Soos die skildery met die hare wat soos ’n wilde plant aanhou groei. Die snoeiskêr wat nie vinnig genoeg kan sny nie.
Die vrou sit langs Liesl op die bed. Sy sit haar arm om Liesl se skouers.
“Dele van jou droom was waar, Liesl. Jy het die hare probeer snoei. Kom ek wys jou iets.”
Sy haal ’n spieël uit haar sak en hou dit voor Liesl se gesig.
Sy kyk in ongeloof na die weerkaatsing van die bleek vrou en word yskoud. Haar hande vryf oor haar kop.
Van haar welige bos krulhare is net stoppels en slierte oor.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.