kategorieë: Reis

Bosveldvrede: Baobab Ridge

Sowat ses ure se ry van Johannesburg, op die westelike grens van die Krugerwildtuin, lê die Klaserie Natuurreservaat – sonder grensdrade tussen die twee bewaringsgebiede. Hier kan jy dus ál die wild- en voëlsoorte sien wat in die Krugerwildtuin hou, behalwe dat jy dit waarskynlik off-road met ’n Land Rover gaan doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Laat die gedagte aan ’n wildrit in ’n oop voertuig met ’n professionele gids wat jou binne meters van ’n leeu, olifant of ander wilde wese gaan bring jou hart vinniger klop? Ons eerste ervaring van dié adrenalienryke belewenis was ’n rit saam met die bestuurder van die Baobab Ridge lodge, Jason Fleischer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kies jou sitplek …

Jason se opregte liefde vir die bosveld en alles daarin is onlosmaaklik deel van hom. Dit het ons belewenisse en verblyf van begin tot end positief gekleur. Die hoogtepunt was om sy verwondering te deel toe ons een oggend teen ligdag ’n paar wildehonde met kleintjies in hul blyplek kon dophou – van ’n beleefde afstand. Net ongeveer 150 tot 300 van dié bedreigde spesie het in die groter Krugergebied oorgebly. Dit was ’n eenmalige ervaring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vir die ander gaste was die twee leeuwyfies wat ’n vlakvark aan’t verorber was, die allemintige trop buffels, die olifante of die luiperd wat ons ’n paar sekondes lank op die pad te siene gekry het, dalk dramatieser. Veral omdat die leeuwyfies – twee susters – duidelik ’n liefdehaatverhouding het. Ek stem steeds vir die wildehonde, met die nagapie wat ons tydens ’n nagrit tussen boomtakke sien spring het ’n kortkop agter die langhaarhonde. En dan het ek waardering vir ’n veldgids wat die jeep kan afskakel en lánk sit en kyk na vroegaandsterre wat geruisloos in ’n skemerboom se takke hang.

Maak nie saak hoe opwindend die bosritte is nie, dis lekker om tuis te kom. By Baobab Ridge beteken dit jy val op ’n koningsgrootte bed in ’n koningsgrootte wooneenheid neer, verfris jou onder die reënstort met die velduitsig, lê lank en lekker in ’n groot bad vol geurige badsout, of span uit op jou eie houtdek met ’n koppie koffie. ’n Ander dekadente opsie is om jou op ’n uitskopleerstoel neer te vlei.

Die wooneenhede is met die oog op privaatheid ontwerp, sodat jy met die gordyne oop kan gaan slaap. Maar by die hoofgebou wag ete, drinke en interessante geselskap. Die lodge neem maksimum 16 mense en jy leer gou die ander gaste ken. In ’n dag of drie het ons ’n kykie in ’n Duitser, ’n boorling van San Francisco, Australiërs en ’n paar Suid-Afrikaners se lewens gekry. Aïda, ’n Franse vrou in die kosmetiekbedryf wat as deel van haar sabbatsjaar ’n ruk lank by Baobab Ridge werk, se passie vir ons dierelewe het ons beïndruk. Later vanjaar loop sy ’n kursus in spoorsny. Miskien het sy aangesteek by die veldgidse in die Klaserie- en Timbavati-reservate; die meeste is trots op hul spoorsnykuns.

      Na ’n sonsopkoms-wildrit: ontbyt in die tuin

Dis natuurlik baie keer goeie kos en drank wat vreemdes saambind. Thelma, die kok by Baobab Ridge, se leuse is dat mense met hul oë ook eet. Sy maak prentjies met rooi en geel miniatuurtamaties, suurlemoenskywe, pietersielie en ’n rits ander bestanddele wat ons as alledaags beskou. Smiddae sorg sy vir ’n ligte middagete soos lasagne en slaai, en saans word fynkos in die boma bedien. Niks kom egter by haar tuisgemaakte ontbytgranola en müsli nie. Jy hoef nie my woord daarvoor te vat nie – sorg net dat jy dit eendag self in jou bakkie kry.

Besoek Baobab Ridge as jy jou stadsinstelling wil afskud en weer in aanraking met jou sintuie wil kom. Jy maak wonderlike ontdekkings, soos dat blinkblou spreeus in oranjegeel aalwynplante jou aandag ’n ruk lank kan boei; dat jy vergeet het hoe dit voel om met oop gordyne en ’n stuk winterveld voor jou wakker te word; dat ’n glas rooiwyn, die groot vuur in die boma en ’n skopsuil se roep die tyd laat stilstaan.

Gaan haal vir jou ’n hartvol bosveldvrede.


Wat jy moet weet
Spesiale aanbod (12 Oktober tot 10 Desember 2015)

As die hele Baobab Ridge lodge (16 persone) op ’n selfsorgbasis bespreek word, kry die groep 30% afslag. Dit sluit verblyf in sewe wooneenhede, twee wildritte per dag, tee- en koffie en gratis Wi-fi in die hoofgebou in. Die eenhede en hoofgebou word ook twee keer per dag gediens.

Ligging

Baobab Lodge is sowat 33 km van Hoedspruit in Mpumalanga geleë.
Die Klaserie Natuurreservaat (60 000 hektaar) grens aan die Krugerwildtuin en die Timbavati-privaatreservaat.
Dis ’n lae risiko malariagebied.
As jy wil vlieg
Daar is gereelde kommersiële vlugte tussen Hoedspruit se Eastgate Lughawe en Kaapstad en Johannesburg, en vervoer na Baobab Ridge is beskikbaar.
Verblyf
Daar is ses eenslaapkamer-privaateenhede vir twee persone met ’n en-suite badkamer.
Daar is ’n tweeslaapkamer-gesinseenheid met twee en-suite badkamers.
Die hoofgebou en een wooneenheid is rolstoelvriendelik.
Alle verblyf is lugversorg en toegerus met kombuishoekies met yskassies, koffie- en teestasies en gefiltreerde water.
In die hoofgebou is Wi-fi en DStv beskikbaar.
Etes
Tensy die héle oord op ’n selfversorgingsbasis bespreek word, word drie maaltye per dag verskaf.
Versnaperinge is ingesluit. Baobab Ridge is veral trots op hul luukse peuselgoed op die wildritte, en daar is ’n tee- en koffiestasie met hawermoutkoekies, biscotti en ander tuisgebak.
Tee, koffie, koeldrank, sap, plaaslike bier en huiswyne is ingesluit.
Algemeen
Wildritte is by die verblyftariewe ingesluit.
Stapsafari’s vir mense met ’n minimum ouderdom van 16 jaar kan gereël word teen ’n bykomende fooi.
Tensy die hele lodge bespreek word, word kinders onder ses jaar nie toegelaat nie.
Daar is konferensiegeriewe.
Duskant die elektriese heining is daar ‘n klein swembad met Baobab Ridge se grootste kremetartboom waar jy op die sonstoele kan lê en wag dat wildsoorte by die watergat ’n klipgooi ver kom water drink. Ons sonopsuig-sessie is beloon met die gesig van wildsbokkies, meerkatte en vlakvarke wat ewe kordaat in die modder gerol het.
Daar is geen debiet- of kredietkaartfasiliteite by Baobab Ridge nie. Internetbetalings kan op die perseel gedoen word.
Ekstra fooie
Daar is ’n fooi van  R140 per voertuig by die ingang na die Klasrie/Timbavati-wildreservate.
’n Klaseriereservaat bewaringsfooi van R180 per persoon is betaalbaar by die lodge.

Meer inligting by www.baobabridge.com

Foto’s Gerhard Büchner en verskaf deur Baobab Ridge en Moremi Safaris & Tours

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

2 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

8 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

9 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

9 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.