Serves:Genoeg vir 12-15 groterige kolwyntjies.Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Sponskoek
Die sponskoek is klam en ryk, want dit bevat lekker baie botter. Dit beteken dat dit goed hou en ’n paar dae kan staan sonder om uit te droog. Die kolwyntjies vries baie goed vir tot drie maande. Draai dit net behoorlik toe om yskasreuke te voorkom.
WENK: ’n Gegeurde stroop word oor die kolwyntjies geverf sodra dit uit die oond kom. Dit maak die koekies nie net nog lekkerder nie maar verseker ook dat hulle nie uitdroog nie. Vir perfekte resultate, belê liefs in ’n elektroniese skaal.
200 g botter, goed sag gemaak maar nie gesmelt nie
200 g strooisuiker
4 middelslageiers
10 ml (2 t) goeie vanielje-ekstrak
200 g bruismeel
Instructions
1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n kolwyntjiepannetjie met kolwyntjiebakkies uit. (Ek het redelike groot bakkies gebruik.) 2 Klits die botter en suiker in ’n groot mengbak tot lig en romerig. Dit is regtig belangrik om die bottermengsel deeglik te klop - hou aan klits tot dit liggeel, byna wit is. 3 Klop die eiers liggies in ’n ander bakkie en voeg dit by die suikermengsel terwyl jy teen mediumspoed bly klits. Voeg ’n klein bietjie van die meel by as dit lyk of die deeg skei. 4 Sodra die eier-en-botter-mengsel goed gemeng is, kan jy die masjien afskakel en die meel by die mengsel sif. Vou met ’n groot metaallepel in tot heeltemal gemeng. 5 Maak die kolwyntjiebakkies 2⁄3 vol en bak vir 15-20 min. in die middel van die oond. Druk die deeg liggies teen die kante op om ’n effense holte in die middel te maak sodat die kolwyntjies gelyk en nie met ’n punt na bo bak nie. Draai die pannetjie ná 10 min. eenkeer om. 6 Die kolwyntjies is gaar wanneer die bokant effens terugspring wanneer jy met jou vinger daarop druk. Druk andersins ’n toetspen in en as dit skoon uitkom, is dit gaar. 7 Laat vir 15 min. afkoel. Druk gaatjies in die kolwyntjies en smeer die stroop (resep langsaan) met ’n kwassie oor die koekies. 8 Jy kan die kolwyntjies in dié stadium goed in kleefplastiek toedraai en tot 3 dae bêre, hoewel dit beter is om dit eers te versier, want dan droog die koekies nie uit nie. Jy kan hulle ook vir tot 3 maande vries.
Bosseleer-kolwyntjie Ek het die mooiste reliëfmatjie by Value Baking opgespoor. 1 Rol plastiekversiersel op die matjie uit en sny met ’n koekiedrukker vorms daaruit. 2 Lig die die versiersel versigtig met ’n paletmes op en plak met loperige versiersel op die kolwyntjie.