Die Boschendal Plaas hou vanjaar ’n Joga en Gesondheid-wegbreek saam met Viktor van der Kleij, ’n kenner in dié veld.
Besoekers kan uitsien na ’n innemende naweek van joga, gesonde kosse en luukse plaasstyl-verblyf. Van die aktiwiteite wat gaste sal geniet is onder meer: joga, asemhalingstegnieke, beweging, meditasie en mantras.
So ook gaan Megan McCarthy, Boschendal se Kostuin Bestuurder en Christiaan Campbell, hul Hoof Uitvoerende Sjef, hul kundigheid in gesonde kosse deel en gaste op ’n onvergeetlike kulinêre ervaring neem.
Wanneer: 26-28 Augustus
Waar: Boschendal
Koste: R2560 pp/deel of R3460 pp/enkel