Borsstuk oor die kole
Ingredients
- • 4,5 kg heel borsstuk (brisket), moenie die vet afsny nie
- • 15 ml (1 e) fyn gekapte knoffel
- • 1 rooi brandrissie, fyn gekap
- • sout en swartpeper
- • 3 uie, geskil en in dik skywe gesny
- • 3 lourierblare
- • hand vol tiemie
- • 30 ml (2 e) heuning
- • 250 ml (1 k) beesvleisaftreksel
- • 125 ml (½ k) appelasyn
- • 250 ml (1 k) passata (Italiaanse tamatiesous)
- • 125 ml (½ k) whisky/bourbon
- Braaisous
- • 2,5 ml (½ t) brandrissiepoeier
- • 30 ml (2 e) gerookte paprika
- • 60 ml (¼ k) appelasyn
- • 15 ml (1 e) tamatiepasta (puree)
- • 15 ml (1 e) Dijon-mosterd
- • 30 ml (2 e) heuning
- • 60 ml (¼ k) whisky
Instructions
1 Voorverhit die oond tot 160 °C.
2 Sit die uie, lourierblare en tiemie in ’n swaarboomoondpan.
3 Vryf die beesvleis met knoffel en brandrissie, geur met sout en swartpeper en sit die vleis met die vetkant na onder op die uielaag in die oondpan.
4 Meng die heuning, aftreksel, passata, appelasyn en whisky en vul die oondpan daarmee. Bedek met foelie.
5 Rooster vir 6 uur in die oond - smeer die vleis elke halfuur of uur met die pansous.
Braaisous
1 Roer die gerookte paprika, brandrissiepoeier, appelasyn, tamatiepasta, Dijon-mosterd, heuning en whisky goed deur in ’n kastrol oor matige hitte.
2 Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en prut vir 4-5 min. of tot die sous verdik het.
3 Maak ’n vuur en haal die vleis uit die oondpan sodra jy genoeg matige kole het.
4 Smeer die vleis deurentyd met die braaisous en braai vir 10-15 min. aan albei kante of tot gekaramelliseer.