kategorieë: Leef gesondGesondheid

Borsmelk is die beste

Het jy geweet?

Die samestelling van borsmelk verander met elke voeding. Wanneer jy jou baba die eerste keer begin voed, bevat jou melk meestal laktose en proteïene en dit het ’n blou skynsel. Aan die einde van die voeding begin jou baba hindmilk drink. Dit bestaan meestal uit vet en gee jou baba die kalorieë wat hy/sy nodig het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Borsmelk bevat twee hoof soorte proteïene, genaamd wei en kaseïen. Daar is meer wei-proteïene as kaseïen en dit is infeksiewerend. As jy formule-melk gebruik, maak seker die wei-tot-kaseïen proteïen is soortgelyk aan borsmelk, anders het jou baba ’n groter kans om infeksie op te doen en hy/sy sal sukkel met die vertering van melk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jou borste sal altyd net genoeg melk produseer: Dit is merkwaardig dat jou borste net soveel melk sal produseer as wat jou baba nodig het, niks meer en niks minder nie. Wanneer jy begin borsvoed, sal jou borste meer melk produseer, maar as voeding afneem, sal jou liggaam al minder produseer totdat dit natuurlik ophou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Benewens die verlaging van die risiko van kinderjare-vetsug, kan borsmelk die IK van borsvoedingbabas verhoog, meen wetenskaplikes. Hul IK kan selfs 8 punte hoër wees as dié van babas wat nie geborsvoed word nie, en die verskil kom veral by verbale evaluerings voor. Dit is ’n twee-deel hipotese: die voedingstowwe in borsmelk help breinontwikkeling en verstandelike vaardighede terwyl die werklike aksie van borsvoeding ’n intieme ervaring is wat ook die baba se ontwikkeling aanhelp.

Babas ontvang al die voedingstowwe wat siektes beveg uit borsmelk en dit voorkom infeksies en ander siektes. As jy borsmelk en bottelmelk afwissel, kry die baba nie dieselfde siektewerende bestanddele in om siektes die eerste jaar af te weer nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Melksamestelling verander gedurende die dag en die hoeveelheid kalorieë wat jou baba met elke voeding inneem, kan wissel. Nog ’n faktor wat melksamestelling kan beïnvloed, is die ma se dieet. Dit kan bepaal hoeveel vet en kalorieë aan die baba oorgedra word.

As jy ’n mamma is wat borsvoed en in staat is om so min as 50 ml melk per dag uit te pomp, oorweeg asseblief om dit te skenk. Dit kan ’n lewensreddende opsie vir baie premature babas wees.

Kontak milkmatters.org vir meer inligting.

Inligting verskaf deur Inspired Women.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: swangerskap

Onlangse plasings

Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself

Toets 1 Ek voel emosioneel dood. Dit is asof ek my werk en my kollegas op…

1 day Gelede

6 oefeninge wat snork stop sit

Ons snork omdat ons keelweefsel pap raak. Spiere wat nie gebruik word nie raak pap…

1 day Gelede

5 dekorflaters om te vermy

Dit is nie altyd maklik om jou eie huis te versier nie. Ons het gaan…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met André de Villiers oor nuwe seisoen van ‘4×4 Met André’

Maak jou reg vir ’n onvergeetlike Namibiese 4x4-avontuur met die bekende 4x4-spesialis, André de Villiers.…

1 day Gelede

Marciel groet vanjaar ‘Boer soek ’n vrou’

In ’n eksklusiewe onderhoud met Landbouweekblad het die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Hopkins onthul…

2 days Gelede

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.