kategorieë: Leef gesondGesondheid

Borskanker neem toe onder jonger Suid-Afrikaanse vroue

Oktober is Borskankerbewustheidsmaand

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Borskanker, wat die algemeenste vorm van kanker onder Suid-Afrikaanse vroue is, word al hoe meer by vroue onder 40 opgetel. Hierdie neiging weerspieël patrone oor die wêreld heen waar jonger vroue met meer aggressiewe vorms van dié siekte gediagnoseer word, wat die noodsaaklikheid vir vroeë opsporing en bewustheid onderstreep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Onlangse studie in Amerika het gevind dat borskanker die hoofoorsaak is dat vroue tussen die ouderdom van 20 en 49 in Amerika aan kanker sterf. Net so het ’n Suid-Afrikaanse studie gewys dat die gemiddelde ouderdom waarop vroue onder 40 met borskanker gediagnoseer word 34 jaar was. Van al die ouderdomme, affekteer borskanker 1 uit 27 vroue in Suid-Afrika en beslaan 23% van alle kankers wat gediagnoseer word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die Breast Imaging Society of South Africa (BISSA), ’n subspesialiteitsgroep van die Radiologie Vereniging van Suid-Afrika, waarsku dat jong vroue meer geneig is om borskanker met aggressiewe biologiese karaktereienskappe te ontwikkel. Hierdie kankers vertoon dikwels groter groeisels en is op ’n meer gevorderde stadium van die siekte tydens diagnose, wat vroeë opsporing van kardinale belang maak om uitkomstes te verbeter.

Dr Peter Schoub, die hoof van BISSA, benadruk die belangrikheid van vroeë opsporing deur gereelde selfondersoeke, wat vrou in hul twintigerjare al kan doen en jaarlikse mammogramme vir vroue vanaf 40.

“Bewustheid en kennis van borskanker in jong vroue kan tot vroeë diagnoses lei en gevolglik minder indringende behandelingsopsies beteken. Die groeiende hoeveelheid jonger vroue wat met borskanker gediagnoseer word, beklemtoon die behoefte om bewustheidsveldtogte uit te brei en siftingsprogramme te verbeter, veral vir dié wie se risiko hoër is,” sê dr Peter.

Een van die grootste hindernisse in Suid-Afrika is steeds dat borskanker te laat gediagnoseer word, wat behandelingsopsies radikaal beperk en die kanse op oorlewing verminder. Laat diagnoses word dikwels toegeskryf aan ’n kombinasie van faktore, wat ’n gebrek aan bewustheid, sosio-ekonomiese ongelykhede en beperkte toegang tot gesondheidsorg insluit.

“Hoewel die meeste groot mediese skemas komplementêre mammogramsiftingstoetse vir vroue ouer as 40 bied, maak slegs 20% van vroue gebruik van hierdie diens,” sê dr Peter. “Ons moet ook daarop bedag wees dat borskanker meer en meer by vroue in hul dertigerjare opgetel word, wat aggressiewer vorme van die siekte ervaar en maklik kan versprei as dit nie vroeg opgetel word nie.”

Dr Peter sê terwyl die risiko vir borskanker met ouderdom toeneem, die siekte nie onderskeid tref nie – vroue van alle ouderdomme, rasse en sosio-ekonomiese agtergronde kan geaffekteer word. “Dis waarom dit so belangrik is om gereeld selfondersoek en kliniese borstoetse by ’n gesondheidspraktisyn minstens een keer ’n jaar te doen. Enigiets ongewoons, maak nie saak wat jou ouderdom of familiegeskiedenis is nie, moet dadelik deur ’n mediese praktisyn ondersoek word.”

Hy sê die doel van siftingstoetse vir borskanker is om die siekte op te tel voordat simptome begin wys. “Kanker wat deur gereelde siftingstoetse opgetel word, is dikwels kleiner en gelokaliseer, wat die kanse vir suksesvolle behandeling en oorlewing verhoog. Die grootte van die groeisel en of die kanker versprei is sleutelfaktore wanneer ’n prognose gemaak word.”

Lees gerus ons artikel oor borskanker in die jongste uitgawe van rooi rose wat 4 Oktober op die rakke verskyn.

Lees ook: Alzheimersiekte: Kan jy dit keer?

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die Oktober-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Sonderlinge Simoné  Simoné Pretorius het as aktrise naam gemaak, maar dié dinamiese vrou…

2 days Gelede

Leer hoe om selfgeldend te wees

Om gaaf, oulik en die minste te wees kom vir baie mense teen ’n prys.…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met ‘Diepe waters’ se twee nuwe gesigte

Seisoen drie van die gewilde kykNET-telenovela Diepe Waters het vandeesweek afgeskop, en met die nuwe…

2 days Gelede

Spek-en-sampioen-pasta

Spek-en-sampioen-pasta   Genoeg vir 4.   Bestanddele   125 ml (½ k) gedroogde porcini- of…

2 days Gelede

Vis in krakerige bierbeslag

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Smeltkoekies

Resep deur Vickie de Beer

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.