kategorieë: Leef gesondGesondheid

7 goed wat jy moet weet oor borskanker

7 goed wat jy moet weet oor borskanker deur Salome Delport. Foto: Angiola Harry vir Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons gesels met dr. Rika Pienaar, bestralingsonkoloog van Cancercare, by Panorama Hospitaal in die Kaap, en met dr. Shirley Lipschitz en dr. Liat Malek van die Breast Wellness Centre in Johannesburg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Jy is nooit te jonk vir borskanker nie

Een uit elke dertien vroue onder 35 word met borskanker gediagnoseer. Dit is meer as wat ’n mens sal verwag.

Die punt: Jou maandelikse selfondersoek is uiters belangrik – vandat jy twintig is tot jy tagtig (én ouer!) is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Borskanker by jonger vroue is besonder aggressief

Dit is meer aggressief as by ouer vroue. Boonop, omdat ’n mens dit nie verwag nie, word dit maklik misgekyk en eers gediagnoseer op ’n meer gevorderde stadium.

Die punt: Jou maandelikse ondersoek kan knoppies mis. Kry vir jou ’n borskankerpraktyk of spesialis en gaan jaarliks vir ’n sonar of mammogram.

Lees ook: Borskankerversorgingsgids

3. Kyk na die nuwe tegnieke om borskanker te diagnoseer

Buiten die bekende mammogram kan jy ook gaan vir ’n sonar en ’n 3D-mammogram. Almal is so goed as die dokter wat die diagnose doen, want dit is moeilik om borskankerselle in die vroeë stadium raak te sien. Hoe meer ervaring ’n dokter hiervan het, hoe beter is sy daarmee. Daarby het die dokters wat in diagnose van borskanker spesialiseer waarskynlik die jongste toerusting, wat ook help om borskanker vroeg en akkuraat te diagnoseer.

Die punt: Dit sal waarskynlik vir jou beter wees om ’n diagnose by ’n praktyk wat in borskanker spesialiseer te kry, as by ’n praktyk waar dit een van honderde soorte diagnostiese toetse is.

Lees ook: 5 kankertoetse

4. Behandeling vir borskanker affekteer jou vermoë om kinders te hê

Mens skrik te groot om aan die langtermyn-implikasies te dink, soos of jy ooit of weer kinders sal kan hê.

Die feit is dat kankerterapie wel jou vrugbaarheid en eierstokke kan aantas.

Tog hoef jy nie sommer net te aanvaar dat jy nooit kinders sal hê nie. As jy wil, is kinders wel moontlik na borskanker, hoewel jou kanse skraler is en daar moontlike risiko’s is. Gesels daaroor met jou maat, en veral met jou onkoloog en/of ’n fertiliteitspesialis. Dink dit regtig deur, want jy het opsies.

Gun jouself ’n week of twee, voordat jy finaal besluit. Daardie bietjie tyd vir nadink sal nie jou herstel benadeel nie. Daar is selfs navorsing wat wys dat jou kanse op ’n lang lewe met ’n normale duur beter is as jy na jou herstel weer swanger raak.

Die punt: Besluit hoe jy jou vrugbaarheid wil bestuur vóór jy met terapie begin

5. Hier is jou opsies, as jy ná borskanker ’n eerste of volgende baba beplan

  • Laat jou eiers bewaar
  • Laat jou ovariese weefsel vriespreserveer
  • Laat jou ovariële funksies onderdruk tydens behandeling

Daar is maniere waarop jou vrugbaarheid behoue kan bly – teen ’n prys, en elkeen met sy eie voordele en nadele.

Die punt: Hoe meer jy vooraf weet, hoe beter ingeligte besluite kan jy neem.

6. Jy het ondersteuning nodig – dalk ’n bietjie meer as jy jonk is

Jonger vroue het soms meer balle in die lug – soos ’n loopbaan, ’n groot huislening, studieskuld en so aan. Die grootste stres lê gewoonlik rondom die feit dat die meeste jonger vroue jong, afhanklike kinders het wat tyd, energie en veral emosionele geborgenheid vra. Dit beteken egter nie dat ouer vroue nie soortgelyke verantwoordelikhede het, of nie ondersteuning nodig het nie.

Die punt: Vra en soek hulp by jou familie en jou vriendekring. Die meeste kankerbehandelingsentrums het ’n ondersteuningsnetwerk. Doen wat goed is vir jouself.

Lees ook: Kanker, geld, en verlof

6. Vra weer en weer uit oor die effekte van die kankerterapie op jou liggaam

Só ’n ernstige siekte maak jou liggaam fisiek ouer – én jy sal moet verstaan wat dit in jou geval gaan behels. Sal jy jou gesin vroeër moet voltooi as ander mense? Kan jy vroeër jou menopouse verwag? Moet jy meer bedag wees op osteoporose? Gaan jou immuniteit swakker wees, sodat jy moet sorg vir meer vitamiene?

Die punt: Verstaan die effekte van borskanker en borskankerterapie op jou liggaam, sodat jy dit van die begin af kan bestuur.

Lees ook: Jou hare en kankerbehandeling

7. Van veertig af behoort jy elke jaar vir ’n borsondersoek te gaan

Borskanker bly die mees algemene kanker onder vroue, ook in ons land. En die risiko raak groter soos jy ouer raak.

Daarby is terapie baie meer suksesvol, minder ingrypend en dikwels ook goedkoper as die borskanker vroeg opgespoor word.

Die punt: Spandeer die tyd en die geld op jou jaarlikse mammogram.

Laastens, die ses belangrikste tekens van borskanker

Jy ken sekerlik die tekens – maar kan jy al ses aftik en sê jou borste lyk goed?

  • ’n Knop of verdikking in die bors of in jou armholte
  • ’n Verandering in die vel van jou bors, soos dat dit rooi en warm is, of lyk asof jy ekseem het
  • ’n Verandering in die vorm van jou bors, soos dat ’n duikie ontwikkel, vervorm of uitbult
  • ’n Verandering in jou borsgrootte – groter of kleiner
  • ’n Verandering in jou tepel/s, soos dat jou tepel begin induik of uitstaan, dat dit verkleur of lyk asof daar ekseem op jou borsvel is
  • Afskeiding uit jou tepel/s

Lees ook: Borskanker sonder die knoppie: Is dit gevaarliker?

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

2 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

2 hours Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

4 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

5 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

22 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.