Versoeningsdag 2017 was ’n spesiale dag vir die kunstewêreld. ’n Borsbeeld van die digter, dramaturg, denker en aktivis Adam Small (1936-2016) is by die Kunstekaap-sentrum in Kaapstad onthul. Die beeld is onder kommissie van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans gemaak deur die beeldhouer Johannes du Plessis. Die geleentheid is gehou ter huldiging van die lewe en werk van Small en die beeld is geskenk aan die teater as simboliese terugwinning van die teater wat eens slegs blanke persone toegelaat het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Tydens die geleentheid, aangebied deur die Kunstekaap se bestuurder, Marlene le Roux, is ’n boek (Adam Small: Digter, denker, dramaturg – ’n huldiging onder redaksie van Jacques van der Elst) ook bekendgestel wat handel oor Adam Small se werk as digter, dramaturg, filosoof en maatskaplike werker: beide vakrigtings waarin hy doseer het by (onder meer) die Universiteit van die Wes-Kaap. Small, wat studeer het aan die Universiteit Kaapstad en later ook aan die London School of Economics, was een van die stigters van die Universiteit van die Wes-Kaap. Small het in sy werk gefokus op maatskaplike geregtigheid.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die rymkletser Hemelbesem het van sy eie én van Small se werke opgevoer en hy het gepraat oor die waarde wat Small bygedra het tot die bevordering en bemagtiging van Afrikaans en meer spesifiek van Kaaps-Afrikaans. Persone wat dié geleentheid bygewoon het, het onder meer academici en digters soos Professor Juliana Smith, Professor Michael le Cordeur en Willem Fransman Jnr ingesluit. Skrywers wat bygedra het tot die boek was ook daar asook oud-kollegas van Small en van sy vrou Rosalie, politici en lede van die Kunstekaap se bestuursraad, asook akteurs en regisseurs wat saam met Small gewerk het insluitende Sandra Kotzé en Cobus Rossouw wat die eerste vertolkings van Makiet en Kanna gelewer het in die oorspronklike opvoering van Kanna Hy Kô Hystoe in die voormalige Nico Malan-teater, wat nou die Kunstekaapsentrum is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }’n Uitstalling van argiefmateriaal, genaamd Adam Small: Digter, skrywer, menseregtestryder is tans in die foyer van die Kunstekaapteater te sien wat onder meer handel oor Small se toneelstuk Kanna Hy Kô Hystoe. Hierdie toneel is die eerste keer op die planke gebring in die Nico Malan-teater (nou Kunstekaap) en was omstrede aangesien Small self nie die toneel kon bywoon as bruin persoon nie. Sy toneelstuk Krismis van Map Jacobs word vroeg in Januarie ook in hierdie teater opgevoer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Foto's: Instagram/Bernice West Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…
Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Hierdie webwerf gebruik koekies.