Born to Perform 2016 sal op 10 Desember 2016 by die Lyric-teater by Gold Reef City te sien wees. Daar is twee vertonings, om 14:00 en 19:30.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }In ooreenstemming met die tema van vandag se sterre wat saam met die sterre van môre optree, kan gehore uitsien na The Graeme Watkins Project, Alexandra Mei en Ashlinn Gray wat die verhoog gaan deel met jong talent soos Marianthe Panas, Josh Middleton, The Buzz en Josua Moreira.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die gewilde Idols-finalis Loyiso Gijana sal ook saam met die 14-jarige Keely Crocker van Durban op die verhoog wees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Groot name soos Louise Carver en Ard Matthews sal videovertonings lewer en die verhoog met die 13-jarige Joshua Moreira deel.
Isabella Jane en Rosie sal vir ’n groot hoogtepunt sorg as seremoniemeester van die twee vertonings.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die Born To Perform-platform het landwye oudisies gedoen en ’n paar van die mees talentvolle kinders en tieners landwyd bymekaar gekry.
Vanjaar sal gehore uittreksels uit Broadway Musiekspele sien soos Hamilton, The Waitress en Once.
Ander hoogtepunte sluit in musiek van die Beatles en ’n nostalgiese musikale keurspel van klassieke musiekblyspele wat wissel van die jare veertig tot nou soos Nella Fantasia, Name in Lights uit The Boy from Oz, Tell Him en ander.
Die platform vir uitvoerings is geskep deur Gemma Donnelly Marinus en Matthew Marinus om professionele geleenthede in die Uitvoerende Kunste-industrie te skep vir jong ontluikende talentvolle kinders en tieners.
Kaartjies wissel van R180 – R220 en kan aanlyn bespreek word by www.goldreefcity.co.za
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.