Verkope vir vanjaar se Aardklop Kunstefees in Potchefstroom van 3-8 Oktober 2017 vorder fluks. Feesorganiseerders het pas aangekondig dat ’n ekstra tuiste geskep is wat vyf ekstra top-produksies na die fees toe gaan bring wat feesgangers nog ’n groter verskeidenheid van produksies sal bied. Daar is besluit om die ou Potchefstroomse Stadsaal op die hoek van Walter Sisulu- en Govan Mbekistrate as bykomende ligging te gebruik. Feesgangers wat al jare lank Aardklop bywoon, sal baie goeie herinneringe van dié stadsaal hê.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die bykomende produksies waarna feesgangers kan uitsien, is:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Frans Swart, Besturende Direkteur van Lefra Produksies, sê dis vir Lefra werklik ’n voorreg om hierdie top-produksies Aardklop toe te bring. “Ons produksies speel reeds die afelope 18 jaar voor vol teaters by Aardklop. Juis daarom is dit vanjaar so lekker om terug te wees by Aardklop met ’n eie plek. Aangesien Lefra reeds oor die jare sy eie toerusting bymekaar gemaak het, is dit vir ons net ’n voorreg om van die ou stadsaal ’n teater te maak. Ons glo ook dat produksies soos Fiela se Kind, My Man Se Skelmpie se Skelmpie se Vrou en ons ander produksies baie waarde sal toevoeg tot Aardklop. Fiela se Kind en Skelmpie verkoop regoor die land uit en dit is werklik trefferproduksies. Juis daarom is ons baie opgewonde en dankbaar dat ons hierdie produksies Aardklop toe kan bring.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die program vir die Lefra Stadsaal @ Aardklop is as volg:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Hierdie produksies kan nie op die gedrukte program gelys word nie, maar kaartjies sal wel op die Computicket-platform te koop wees. Besprekings kan gedoen word by Computicket 0861 915 8000 of by diewebwerf. Meer inligting is beskikbaar by Lefra Produksies by (011) 815 3000, e-pos aan admin@lefra.com of besoek lefra.com. Groepe van meer as 10 kry lekker afslag. Skakel Monica by (011) 815 3000.
Middelslagtert genoeg vir 6-8 mense. Bestanddele Deeg 350 g koekmeel 60 ml (¼…
Deur Thinus Ferreira. Foto's: Verskaf. Dié aantreklike plaasseun en safarigids van Simmenau, sowat…
Hierdie beduidende kontantvoordeel word volgens die AVBOB-raad se goeddunke uitgereik en is die sesde spesiale…
Om ’n goeie verhouding met tieners te hê, was nog nooit maklik nie, maar in…
Skop die nuwejaar af met dié heerlike vars slaaie! Resepte deur Vickie de Beer
Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf Om ma en dogter op papier te wees is…
Hierdie webwerf gebruik koekies.