As jy op soek is na ’n ruim gesinsvoertuig wat jy vrye teuels op die grondpad kan gee, maar steeds weelde bied, is die Honda CR-V ’n uitstekende keuse.
Die nuwe Honda CR-V, nou ook met ’n twee-literenjin, is beskikbaar as ’n 4×4 of voorwiel-aangedrewe model. Laasgenoemde gaan jou nie deur die Atacama-woestyn of Amasone-oerwoud kry nie, maar die hoë grondvrye hoogte en ekstra ruim kajuit sal jou naweke ’n bok vir enige sports maak. Boonop is dié voertuig aansienlik bekostigbaarder as die 4×4-model. Die bagasieruim is ’n reuse 589 liter en speel klaar met fietse, honde en berge bagasie. In die kajuit is daar genoeg ruimte vir passasiers om bene te rek.
Pryse
Honda CR-V 2,0 Comfort (4×2)
R306 800
Honda CR-V 2,0 Comfort(4×2) outomaties R318 800
Honda CR-V 2,0 Comfort AWD outomaties R346 900
Ander modelle in die reeks
Honda CR-V 2,4 Elegance AWD outomaties R409 400
Honda CR-V 2,4 Executive AWD outomaties R455 300
Honda CR-V 2,2i-DTEC Elegance AWD R414 700
Honda CR-V 2,2i-DTEC Elegance AWD outomaties R428 400
Honda CR-V 2,2i-DTEC Exclusive AWD R497 400
Honda CR-V 2,2i-DTEC Exclusive AWD outomaties R510 800
*Pryse sluit ’n 3 jaar/100 000 km waarborg en ’n 5 jaar/90 000 km- diensplan in.
Die Honda CR-V is nou vir die eerste keer as ’n 4 x 2 beskikbaar.
Die voorwielaan-gedrewe tweeliter-enjin het ’n sesspoed-handratkas
en die 4×4 (All Wheel Drive) ’n vyfspoed-outomatiese ratkas.