kategorieë: Bekendes

Bok van Blerk, van De La Rey Tot Nou

“Van De La Rey Tot Nou” bevat 15 splinternuwe Bok-treffers insluitend die titelsnit wat hy die eerste keer vroeg in September voor ’n regstreekse gehoor gesing het by die opname van ’n konsert wat sy 10 jaar in die musiekbedryf vier. En te oordeel aan die reaksie, is hierdie weer een van daardie klassieke Bok-nommers wat hom so geliefd en gewild gemaak het. Die liedjie, asook heelparty ander op die CD, kom uit die pen van Johan Vorster, Christoph Kotzé en Bok homself.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Ander liedjies op die CD sluit in die titelsnit vanaf die “Modder en Bloed”-klankbaan, “Bloedbroers” en “Goeie hout.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Daar is ook heelwat ooreenkomste tussen Bok se eerste CD en die nuwe een. Behalwe vir die titel wat baie dieselfde is, bevat beide ’n liedjie oor ’n kar – “’68 Chevy” was op “De La Rey” en op “Van De La Rey Tot Nou” is daar ’n liedjie met die titel “Datsun bakkie.” Klankgewys, word baie van dieselfde instrumente wat op die eerste album gehoor kon word, soos die konsertina, weer ingespan. En op “De La Rey” het Bok ’n liedjie uit die pen van ’n ikoon, David Kramer met die titel “Katie” gesing. Op die nuwe album is daar liedjies met die titels “Reënspinnekop” en “Winterkind,” onderskeidelik uit die pen van twee ander musikale ikone naamlik Valiant Swart en Koos Kombuis. Selfs die foto’s wat gebruik is op die omslag van beide albums is op dieselfde plek geskiet. Op die nuwe album is die foto boonop simbolies aangesien Bok in ’n kweekhuis staan en uitkyk oor wat die volgende tien jaar gaan inhou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die afgelope 10 jaar voel steeds onwerklik,” sê Bok, “en hierdie album is maar net my manier om dankie te sê vir almal wat die musikale paadjie saam met my gestap het … van mede-musikante tot by die mense wat die albums koop en my konserte bywoon.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Van De La Rey Tot Nou” is nou by musiekwinkels beskikbaar.

Om ingelig te bly oor wat Bok mee doenig is en waar hy gaan optree, volg hom op Twitter by @BokvanBlerkReal of besoek bokvanblerk.co.za.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

13 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

13 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

14 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

14 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

17 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

17 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.