1,4 kg beesskenkel (sonder been) of diklies in blokkies
sout en gemaalde swartpeper
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies,gekneus
60 ml (4 e) koekmeel
750 ml (1 bottel) rooiwyn
310 ml (1¼ k) beesaftreksel of water
15 ml (1 e) tamatiepuree
hand vol tiemie
2 lourierblare
200 g spekblokkies
250 g salotte of pekeluitjies,geskil
250 g knopiesampioene
Fyn aartappels
sout
5 groot aartappels, geskil en in blokke gesny
60 ml (¼ k) botter
80 ml (1/3 k) room
80 ml (1/3 k) melk
80 ml (1/3 k) crème fraîche
15 ml (1 e) peperwortelsous,
kies een met min asyn
Instructions
Verhit die oond tot 180 °C.
1 Braai die skenkels in sarsies in baie warm avokado-olie in ’n groot oondvaste kastrol tot goudkleurig. Geur na smaak. Haal uit en hou eenkant. 2 Braai die gekapte uie vir 4 min. in dieselfde kastrol tot goudkleurig. Voeg die knoffel by en braai vir nog 1 min. oor lae hitte. 3 Voeg die meel by en roer vir 3 min. totdat al die olie geabsorbeer is. 4 Gooi die rooiwyn en aftreksel geleidelik by, roer deurentyd. Bring tot kookpunt. 5 Voeg die verbruinde vleis, tamatiepuree, tiemie en lourierblare by. Bedek en bak vir 2uur. 6 Panbraai die spek oor hoë hitte tot bros. Voeg die uitjies en sampioene by en braai tot goudkleurig. 7 Meng die sampioenmengsel deur die vleis. Bedek en bak weer vir nog 30 min. 8 Kapokaartappels: Kook die aartappels in gesoute kookwater tot sag. Dreineer, druk fyn en meng die botter deur. Meng die res van die bestanddele deur. Geur na smaak. Sit die Boeuf Bourguignon met die kapokaartappels voor.