Verhit die oond tot 180 °C. 1 Braai die skenkels in sarsies in baie warm avokado-olie in ’n groot oondvaste kastrol tot goudkleurig. Geur na smaak. Haal uit en hou eenkant.Boeuf Bourguignon met peperwortel-kapokaartappels
Ingredients
Instructions
2 Braai die gekapte uie vir 4 min. in dieselfde kastrol tot goudkleurig. Voeg die knoffel by en braai vir nog 1 min. oor lae hitte.
3 Voeg die meel by en roer vir 3 min. totdat al die olie geabsorbeer is.
4 Gooi die rooiwyn en aftreksel geleidelik by, roer deurentyd. Bring tot kookpunt.
5 Voeg die verbruinde vleis, tamatiepuree, tiemie en lourierblare by. Bedek en bak vir 2uur.
6 Panbraai die spek oor hoë hitte tot bros. Voeg die uitjies en sampioene by en braai tot goudkleurig.
7 Meng die sampioenmengsel deur die vleis. Bedek en bak weer vir nog 30 min.
8 Kapokaartappels: Kook die aartappels in gesoute kookwater tot sag. Dreineer, druk fyn en meng die botter deur. Meng die res van die bestanddele deur. Geur na smaak. Sit die Boeuf Bourguignon met die kapokaartappels voor.