kategorieë: GebakKos

Boerbeskuit

My ma het dié beskuit veral vir vakansies gebak en as die soetsuurreuk van die gis die huis vol hang, het die vakansiegees ons gegryp. Dit was ontbytkos saam met moerkoffie, of het laatmiddag gate in honger mae toegestop. Deur Vickie de Beer

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bestanddele:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• 225 g (1 k) botter
• 250 ml (1 k) melk
• 500 ml (2 k) louwarm water
• 1 kg meel + 250 g ekstra indien benodig
• 2 pakkies kitssuurdeeg
• 10 ml (2 t) sout

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Metode:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  1. Smelt die botter in die melk en voeg die sout by. Gooi dié mengsel en die water in ’n groot mengbak. Voeg die gis by 1 k van die afgemete meel.
  2. Voeg drie kwart van die meel by die watermengsel en meng goed. Voeg die res van die meel geleidelik by tot ’n sagte deeg vorm. Jy sal dalk nie al die meel gebruik nie.
  3. Knie tot mooi glad en blink – vir sowat 7 min. in ’n elektriese menger of vir 10 min. met die hand. As die deeg taai is, kan dit op ’n meelbestrooide werkvlak geknie word om die taaiheid weg te vat.
  4. Maak toe met ’n skoon lappie en laat rys op ’n warm plek tot dubbel die volume.
  5. Knie liggies af en maak bolletjies die grootte van gholfballe. Pak die panne lekker vol met die bolletjies knus teen mekaar gedruk. Jy kan ’n bietjie gesmelte botter tussen die bolletjies smeer. Laat rys weer tot so ’n entjie bo die pan.
  6. Voorverhit die oond tot 200 °C en bak vir 45 min. tot ’n uur.
  7. Verlaag die oondtemperatuur tot 100 °C. Draai die heel beskuit om en breek die bolletjies van onder af los. Sit op ’n draadoondrak.
  8. Droog uit in die oond tot kurkdroog binne. Dit duur ’n hele paar uur of laat  oornag uitdroog.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

3 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

3 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

3 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

3 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.