kategorieë: Bekendes

Boer Soek ’n Vrou se nuwe aanbieder is Leah

– Inligting verskaf deur kykNET. Saamgestel deur Michelle Nortje. Hooffoto deur Willem Botha

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

kykNET het vandag aangekondig dat die gewilde sangeres, Leah, die nuwe gesig van hul gewilde werklikheidsreeks, Boer Soek ’n Vrou word. Sy sal die vyfde aanbieder van dié reeks, wat sedert 2007 uitgesaai word, wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: Leah bereik goue status!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Leah is ’n bekroonde kunstenaar en het al talle musiekpryse soos die Ghoema Nuweling van die Jaar-toekenning in 2016 en talle Huisgenoot Tempo-toekennings ingepalm. Deesdae hou sy haar lyf ook aktrise en sal sy in Maart vanjaar in die nuwe kykNET-fliek, Susters, te sien.

Foto: Willem Botha

Sy volg Minki van der Westhuizen as aanbieder op wat die laaste twee jaar boere regoor Suid-Afrika besoek het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Boer Soek ’n Vrou word 10

Volgens Leah is sy reg vir die plaas en is dit vir haar ’n droom wat waar word om Boer Soek ’n Vrou aan te bied.

“Ek weet ek het groot skoene om vol te staan, maar ek is nie bang vir ’n uitdaging (of vir ’n bees, ’n skaap of ’n boer) nie! Ek sien baie uit om mense se lewens moontlik met die liefde te kan verander”

Minki glo Leah is die perfekte keuse om haar opvolger te wees.

“Deelnemers en kykers gaan definitief aanklank by Leah vind, want sy is opreg en gaan sonder twyfel diep in almal se harte kruip,” sê Minki wat die plaaspaaie groet omdat sy vanjaar haar derde kind in die wêreld verwelkom.

Lees ook: Minki oor moederskap

Goeie nuus vir TV-kykers is dat Minki steeds as veldaanbieder in Kwêla te sien sal wees.

kykNET soek ook tans boere om vir die elfde reeks, wat van Oktober uitgesaai gaan word, in te skryf. Lees: Boer Soek ’n Vrou soek boere vir 2018

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.