Hennie en Jacobu van Boer Soek ’n Vrou het in Junie vanjaar verloof geraak en nou het hulle ook hul verlowingsfoto’s onthul.
Lees ook: Boer Soek ’n Vrou: Hennie en Jacobu is verloof
Hennie, ’n boer van Willowmore, het deelgeneem aan die negende seisoen van die gewilde kykNET-reeks Boer Soek ’n Vrou, met min sukses met die vroue wat op sy plaas gaan kuier het. Jacobu, ’n laerskoolonderwyseres van Somerset-Wes, het oorspronklik ingeskryf vir boer Arno, maar hulle het ten einde besluit om net vriende te bly. Hennie en Jacobu het egter agter die die skerms ontmoet en het toe ’n verhouding aangeknoop. Hulle het in Januarie aangekondig dat hulle “amptelik” saam is – tot groot blydskap van hul aanhangers.
https://www.instagram.com/p/BPcieIngNrX/?taken-by=hennielotter
kykNET het verlede week Hennie en Jacobu se pragtige verlowingsfoto’s (geneem deur Lynelle Pienaar) onthul. Ons deel ’n paar van die foto’s, met toestemming van kykNET. Kyk onder!
Besoek ook Lynelle Pienaar se webblad of kykNET vir meer.