kategorieë: Bekendes

Boer Soek ’n Vrou: Hennie en Jacobu is verloof

Die geliefde paartjie het vanoggend se sonsopkoms anders as gewoonlik ervaar. Op sy plaas in Willowmore het Hennie vir Jacobu gevra om te trou – op die einste berg waarheen hy haar die eerste keer geneem het. Hy het hierdie foto op Instagram gedeel:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

A post shared by Hennie Lotter (@hennielotter) on

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Volgens kykNET was Jacobu baie verras:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Dit was vir haar ’n groot verrassing,” sê Hennie. “Ek het ’n piekniek gepak en koffie en vir haar ’n bos rooi rose gegee. Sy hou nie van rooi rose nie, en ek moet iewers darem ’n bietjie haar been trek!”

Die juwelier, Garnet Visagie van GEV Jewelry, het Jacoba se mooi roosgoud ring ontwerp.

kykNET het dié foto van die ring vanoggend op Instagram gedeel:

“Jacobu beteken die wêreld vir my. Ek het die jackpot geslaan. Ons storie is hopelik ’n storie van hoop vir mense. Daar is soveel lelik wat in die wêreld aangaan, maar ’n mens kan liefde vind.”

Hennie het aan die negende seisoen van Boer Soek ’n Vrou deelgeneem. Die liefde tussen hom en Jacobu het eers vlamgevat ná afloop van dié gewilde reeks. Hulle het mekaar tydens die reünie gevind. Lees meer oor die sprokiesverhaal op kykNET se webblad

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

MSI Vakansieverkope: Maak die Perfekte Geskenk Oop Hierdie Seisoen!

MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…

2 days Gelede

Maak vanjaar jou beste jaar

Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…

3 days Gelede

Skoonheidsprodukte: foute wat almal maak

Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…

3 days Gelede

Maklike gemmerbier – sonder gis

Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.

3 days Gelede

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…

3 days Gelede

5 maniere om jou dag reg te begin

Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.