Versorg deur Mariette Snyman. Foto Pexels
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Dié uittreksel kom uit Hettie Brittz se boek, “Kweek kinders met heel harte” (Lux Verbi, 2018), ’n praktiese gids om jou kind in vandag se tye reg groot te kry. Hettie verduidelik hoe ons, terwyl ons ons kinders beskerm teen die dinge waarvoor hulle nog nie gereed is nie, hulle ook weerbaar kan maak teen seerkry en gevare.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
“Kinders se vermoë om, ongeag hulle omstandighede, die lewe te hanteer en te blom is daarin gewortel dat hulle ten minste ’n veilige plekkie sal hê (’n woonstel; ’n kamer; ’n skoot …) waar hulle in die liefdevolle geselskap van ’n ander persoon kan ontdek dat iemand hulle liefhet en dat hulle self kan liefhê. Wanneer kinders in hulle vroeë jare hierdie skat ontdek, kan hulle in gesonde volwassenes ontwikkel.” – Fred Rogers
Ankers of sinkers beïnvloed ’n kind se eiewaarde geweldig. Kinders met gedragsprobleme het dikwels geen ankers waaraan hulle kan vashou nie. Daar is verskeie sinkers in die lewe wat jou kind en sy of haar eiewaarde negatief kan raak. Ons moet daarom probeer om vir ons kinders ankers in plaas van sinkers te gee. Ankers gee vir ons kinders ’n staanplek in die son, maar nie ’n ereposisie in die heelal nie. Dit bring balans in hulle lewe.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die eerste anker wat ons vir ons kinders kan gee, is die versekering dat ons as ouers ons kinders graag wil hê. Ek dink ons sê te maklik vir ons kinders: “Ag, as jy maar ’n seuntjie was,” of: “Ek wens ek het jou gehad toe ek jonger was,” of: “Ons het jou nie eintlik beplan nie.” Ons besef nie dat dit ons kinders se heel belangrikste anker in die lewe kan wegneem nie.
Sê daarom gereeld vir jou kinders: “Ek is bly jy is ’n seuntjie.” “Ek is bly ons het jou gekry.” “Ek kan my nie indink hoe die lewe sonder jou sou gewees het nie.” Sulke boodskappe versterk ons kinders se eiewaarde en laat hulle met die gevoel dat hulle behoort.
Die tweede anker is om ons kinders te verseker ons is hier vir hulle. Ankerlose kinders ervaar dat hulle ouers afwesig is en dat hulle nie op hulle ouers kan staatmaak nie. Ons as ouers skep dalk hierdie ervaring by ons kinders deur nie in die nag vir hulle op te staan as hulle ’n nagmerrie gehad het nie, of deur ons kinders te los om ’n krisis waarvoor hulle nie toegerus is nie self te hanteer.
Ons as ouers kan op baie maniere onbetrokke by ons kinders wees. Ons kan hierdie anker terugbring in ons kinders se lewe en dit stewig aan hulle lewensboot vasmaak deur ’n paar gebeure te identifiseer wat ons kinders bang, senuagtig of opgewonde kan maak. Dink dan hoe jy jou ondersteuning en belangstelling op ’n tasbare manier aan jou kind kan oordra. Jy kan saam met jou kind by die tandarts se spreekkamer ingaan in plaas daarvan om in die wagkamer te wag. Jy kan gesonde peuselhappies aandra terwyl jou kind leer en later sy of haar uitslae op ’n spesiale manier vier.
3. Jy is hier om ’n rede
Die derde anker is om aan ons kinders die versekering te gee dat ons in hulle toekoms en potensiaal glo. Ons kan hulle gereeld herinner: Jy is hier om ’n rede. Wanneer slegte nuus ons as ouers onderkry, is dit belangrik dat ons nie ons negatiwiteit oor die toekoms met ons kinders sal bespreek nie. Kinders wil hê dat ons in hulle sal glo én in hulle potensiaal om eendag ’n gelukkige en sinvolle lewe te geniet, selfs al glo ons nie in die toekoms van ’n regering of ’n instansie nie.
Wanneer jy ’n talent in jou kind raaksien, sê dit vir hom. Wanneer jy ’n gawe in jou kind raaksien, maak haar bewus daarvan. Gee ’n naam aan hierdie talent of gawe sodat jou kind sal weet: Hierin lê my toekoms opgesluit. Jy kan byvoorbeeld sê: “Ek sien jy is ’n fantastiese probleemoplosser. Jy maak die beste van ’n slegte saak.” Selfs sulke eenvoudige opmerkings gee vir kinders die anker dat ons in hulle glo.
Kinders se name is ook belangrik. As jy oor jou kinders se name gebid het en glo dat hulle name iets oor hulle toekoms sê, bevestig dit elke nou en dan vir hulle. Dalk het iemand ’n profesie, ’n Skrifgedeelte of ’n gebed oor jou kind geskryf. Julle albei kan dan hieroor nadink wanneer julle aan die toekoms twyfel. As jou kind ’n familienaam het, belig die positiewe eienskappe van die ander mense in die familie wat daardie naam dra. Bid saam met jou kind dat daardie mooi eienskappe ook in sy of haar lewe sal ontwikkel. Kinders wat deel voel van ’n mooi geskiedenis én toekoms ervaar nie so maklik dat hulle waardeloos is nie.
4. Ons aanvaar jou foute
’n Vierde anker het ons ontdek deur met kinders te gesels. Hulle het vir ons gesê hulle voel die groot rede hoekom hulle ouers hulle verwerp, is dat hulle te veel foute gemaak het. Niks wat hulle gedoen het, was ooit goed genoeg nie. Deur ons kinders se foute te aanvaar en dit gereeld vir hulle te sê, skep ons vir hulle ’n veilige omgewing. Verseker jou kinders “Jy kan maar weer probeer. Dit maak nie saak dat jy dit nie nou reggekry het nie.” Of: “Ek dink jy het jou bes probeer. Kom ek help jou en dan probeer ons weer.” Dit bied aan jou kinders groot sekerheid en laat hulle veilig voel by jou.
5. Die wêreld draai nie om jou nie
Die laaste anker is om nie by ons kinders die vals idee te skep dat die wêreld om hulle draai nie. Baie van ons dink kinders is stewig geanker wanneer hulle in hulleself glo en vir hulle regte opstaan. Die waarheid is egter dat hulle dikwels nie die middelpunt van ’n situasie gaan wees nie. ’n Geankerde kind is ’n kind wat dit goed kan hanteer om nie altyd heel bo-aan ’n lys te wees nie.
Skep vir jou kinders ’n omgewing waarin hierdie behoeftes vervul word, en jy sal gebalanseerde en gelukkige kinders grootmaak.
Daar is ongelukkig ook verskeie manier waarop ons as ouers, sonder dat ons dit bedoel of beplan, ons kinders in hierdie lewe kan laat sink.
1. Ons vergelyk ons kinders met ander
Die eerste sinker is om ons kinders met ander te vergelyk. Dit is ’n fout wat ons maklik maak, want soms is daar broers, susters, niggies of neefs wat beter in iets vaar as ’n spesifieke kind in die gesin. En as ons ons kinders nie met iemand in die familie vergelyk nie, is daar waarskynlik presteerders by die skool soos wie jy heimlik wil hê jou kind moet wees. Elke kind verdien dit om as ’n individu gesien te word. Geen kind verdien dit om met iemand anders as net hulleself vergelyk te word nie. Ons kan sê: “Jy hardloop nou al baie vinniger as verlede jaar,” eerder as om te sê: “Jy hardloop nou al vinniger as jou boetie.” Met hierdie laaste opmerking sê jy daar is ’n kompetisie tussen die twee kinders en hierdie kind moet altyd ’n tree voor die ander een wees voordat julle op hom of haar trots sal wees of tevrede sal wees met sy of haar prestasie. Dit breek enige kind.
Lees ook: Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?
2. Ons oorbeskerm ons kinders
’n Tweede sinker is dat ons ons kinders oorbeskerm. Oorbeskermende ouers is ouers wat kinders nie gun om te wys waartoe hulle in staat is nie. Dit ontneem kinders van ’n stukkie identiteit wat uiters belangrik is sodat hulle stewig geanker sal wees en vooruit kan gaan in die lewe. Dit is vir ons as ouers baie moeilik om toe te kyk hoe ons kinders in ’n situasie beland wat vir hulle moeilik is en wat hulle laat swaarkry. Ek dink byvoorbeeld aan die keer toe ek gekyk het hoe my kind sokker speel en duidelik kon sien dat die ander kinders hom nie kans wil gee om die bal te skop nie omdat hy ’n vorige bal wat na hom toe aangestuur is, verkeerd geskop het. Alles in ’n ouer wil jou op daardie veld laat storm en sê: “Gee my kind ’n kans!” Dit is in ons aard, maar om nie aan ons kinders die geleentheid te gee om vir hulleself op te staan en te sê: “Gee my nog ’n kans” nie, is om hulle te laat sink in die lewe.
Ons is ook oorbeskermend wanneer ons ons kinders nie die gevolge van hulle dade laat dra of reëls wat oortree is met dissipline opvolg nie. Die uitkoms van oorbeskermende ouers kan insluit:
“Red mense wat onwillig is om hulleself te help, en hulle sal soos ’n aansteeklike siekte aan jou klou.” – Mason Cooley
’n Derde sinker is die omgekeerde van oorbeskerming, en dit is wanneer ons onbetrokke is by ons kinders. Betrokkenheid se definisie is om te besef dat ouerskap ’n rol is wat ons nooit sal ontgroei nie.
Onbetrokkenheid is om met ons lewe aan te gaan asof ons kinders dit nie vir altyd verander het nie. Daar sal nooit ’n tyd aanbreek dat ek en jy na iets in ons kinders se lewe kan kyk, terugtree en sê nie: “Dit het niks met my te doen nie.”
Wanneer ons vir ons kinders sê: “Dit het by die skool gebeur en het niks met my te doen nie,” of: “Jy is nou al ouer as 18 en moet dit self hanteer. Dit het niks met my te doen nie,” laat ons ons kinders so weerloos dat hulle dalk nie die volgende uitdaging in die lewe sal wil aanpak nie. Hulle sal immers weet ons is nie daar om vir hulle hulp en raad te gee nie.
Onbetrokke ouers stel minimale eise en reageer ook weinig op hulle kinders. Die uitkoms van afwesige ouers kan insluit:
4. Ons ly aan die droomkind-sindroom
’n Vierde sinker noem ek die droomkind-sindroom. Dit is wanneer ons as ouers ’n beeld van die ideale kind of droomkind het. Ons glo elke kind móét vyf of ses spesifieke eienskappe besit om sukses in die lewe te kan behaal. As een of twee van ons kinders nie meer as vier uit ses van die eienskappe het nie, is hulle nie ’n droomkind nie. Dit is baie onregverdig om ons kinders in ’n boksie te probeer indwing, en dit laat ’n kind vinnig sink in die lewe.
5. Ons bederf ons kinders
Die laaste sinker waarteen ek ouers wil waarsku – en jy mag my maar outyds noem – is om kinders te bederf. Hoe meer ons aan ons kinders gee, hoe meer verwag hulle van ons en die lewe en hoe moeiliker sal dit vir hulle wees om kop bo water te hou. Kinders wat grootword met minder is kinders wat moeiliker ondergekry sal word. Hulle bagasie is minder. Die skadelikste maniere waarop ons ons kinders kan bederf, sluit in:
Sy is nie net die eerste dowe vrou om as Mej. Suid-Afrika gekroon te word…
Het jy geweet dat meer vroue jaarliks aan hartvatsiektes en beroertes sterf as mans? Gelukkig kan…
Resep: 'Dairy Gives You Go' Bestanddele 1 ½ koppie gladde medium-vet maaskaas – kamer…
Daar is baie maniere en wenke om vetplante te laat gedy. Hier is nege wenke…
As Karlien van Jaarsveld die horlosie kon terugdraai, sou sy dieselfde keuses gemaak het, want…
Resep: 'Dairy Gives You Go' Bestanddele 2 koppies koekmeel ¾ koppie Amasi ¼…
Hierdie webwerf gebruik koekies.