kategorieë: LeesOntspanning

Boekresensie: Die Tracker Manual

Die Tracker Manual gaan figuurlik diep voetspore in die harte van ons land se natuurliefhebbers trap. Daar is doodeenvoudig geen ander Suid-Afrikaanse boek wat so volledig oor dierespore skryf nie. Die foto’s, insiggewende diagramme en dan nog allerlei interessante vergelykings en feite maak dit ’n absolute plesier om hierdie boek in die veld in jou rugsak of motor te hê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Skrywersvan die Tracker Manual is SA se beste spoorsnyers

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kyk net wie het die Tracker Manual saamgestel:
Pokkie Benadie – die man wat Sylvester die Leeu opgespoor het. Pokkie word beskou as die Karoo se top spoorsnyer.
Renias Mhlongo – gereken as die beste spoorsnyer in die Kruger Wildpark.
Alex van Heerden – medestiger van die SA Tracker Academy, wat spoorsnyers oplei.
Saam verteenwoordig hulle baie naby aan alle moontlike kennis omtrent voetspore in die veld van Suidelike Afrika.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat jy in die Tracker Manual sal kry

Kom ons neem net een dier om te illustreer hoe omvattend die boek is, soos die luiperd. Die Tracker Manual gaan jou die volgende wys:

  • Wat is hul tipiese gewoontes

Die Tracker Manual skets vir jou sy gewoontes, soos dat hulle dag- en nagdiere is maar dat hulle nagdiere raak wanneer mense hul omgewing versteur. Nog ’n interessante feit: Hoewel hulle baie vinnig kan hardloop, is hul hardloopafstand selde meer as 40 m.

  • Waar bly hulle?

Ek het nooit geweet dat hulle ook termiethope as skuilplek gebruik nie. Of dat ’n wyfie haar nes oor en oor gebruik om haar welpies in groot te maak nie. Hierdie boek verras mens op elke bladsy met onverwagse brokkies – die soort feite wat maak vir lekker geselsies met die kinders.

  • Wat eet hulle?

Ook propvol verrassings, soos dat luiperds nie net vleis eet nie. Insekte is ook op die spyskaart. Ons stapgroep het heerlik gespekuleer oor hierdie brokkie: sou dit beteken dat luiperds teoreties vegetaries kan wees?

  • Hoe merk hulle hul omgewing?

Die boek skryf ekstensief oor elke dier se merkgedrag. So lees ons dat luiperds kliere tussen hulle tone het wat merkafskeidings vrystel. Waneer hulle met hul pote die grond krap, is hulle onder meer besig om dit as hul grondgebied te merk.

  • Hoe lyk luiperdspore?

Jy sal veel meer as een foto en ’n paragrafie hieroor kry. Daar is dertien inskrwyings oor hul spore, met agt foto’s en illustrasies. Hulle wys onder meer hoe jy raaksien dat dit ’n luiperd is en hoe jy identifiseer of dit ’n mannetjie of wyfie is.

  • Alles oor soortgelyke spore

Jy word ook gewys watter ander diere spore maak wat met ’n luiperd s’n verwar kan word. Die boek wys jou die verskille. En dan is elkeen van daardie diere net so volledig beskryf, sodat jy kan kruisverwys.

  • En dan die ekstras

Jy wou dit dalk nie weet nie, maar jy kry selfs inligting oor hoe hul mis lyk, en hoe mannetjies en wyfies s’n van mekaar verskil. Selfs die soort voëls wat alarm maak wanneer daar ’n luiperd in die omgewing is, word gelys.

Mens kry selde so ’n uitstaande maar kompakte verwysingsbron met goeie teks en weldeurdagte, insiggewende inhoud. Handig vir kenners en maklik toeganklik vir selfs leke. Dit is die tipe boek wat ’n versamelstuk raak en jou jare en jare se veldplesier gaan verskaf.

Koop dit hier

Te koop teen rondom R250 by
Takealot
Loot
Exclusive books

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

5 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

5 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

6 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

6 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

8 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.