As ’n paartjie bestaande uit ’n swart vrou en ’n wit man deel vorm van jou vriende- of familiekring, sal Black Queen White King Check Mate jou interesseer – veral as hulle dit oorweeg om te trou. Op die oog af mag dit na ’n relatief eenvoudige situasie lyk, maar wanneer jy dieper delf na die kulturele wortels van benaderings en gebruike, besef jy dat dit mense se optrede en waardes ingrypend kan beïnvloed.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die vraag is: Watter aanpassings en opofferings moet so ’n paartjie maak? En, die belangrikste: gaan die liefde uiteindelik oorwin?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }In dié kort en kragtige boek skryf William O’Dowda (’n skuilnaam sover ek kon aflei), outobiografies oor sy ervaring nadat hy, ’n ouer wit man, verlief geraak het op ’n jonger swart vrou wat hy by ’n kitskosrestaurant ontmoet het. Hy wou met haar trou en het die moeisame Lobola-pad met moeite gevolg, maar … Lees self verder as jy nuuskierig is.
Temas soos rassisme, vreemdelinghaat, stamgesag (tribal authority) en geslagsregte (gender rights) word ondersoek in die verhouding tussen die “black queen” en “white king” sowel as in die breër Suid-Afrikaanse konteks. Die verhaal kry ’n ekstra dimensie wanneer die tema van alkoholmisbruik na vore kom. Die boek fokus nie soseer op die romantiese verhouding nie, maar op die manier waarop dit ontvou het onder die invloed van die temas hierbo.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }William O’Dowda skryf soms prakties en op die man af en ander kere weer filosofies, maar hy raak nooit sentimenteel nie. Die leser word selde ’n kykie in sy hartkamers gegun. Sy navorsing en weldeurdagte insigte rakende dié komplekse sosiale situasie deel hy egter vryelik.
Aan die einde sal jy waarskynlik ook nie seker wees wat presies gebeur het of nog kan gebeur nie. En as jy ’n slim ingewing kry, deel dit gerus hieronder met ons!
Uitgewersprys: R150
Meer inligting by www.carolinekonstant.co.za
Beskikbaar in Engels en siSwati.
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.