kategorieë: KalenderOntspanning

BoekeJol- en FilmRolfees 2016

Die tweede BoekeJol- en FilmRolfees word vanjaar vanaf 17 tot 21 Augustus by Lynnwood Bridge in Pretoria aangebied. Die Atterbury Trust tree as die hoofborg van die fees op, en Afriforum neem stewig hande vir die groeiende inisiatief.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

rooi rose nooi jou hartlik uit om ’n koppie koffie saam met ons te kom geniet in die rooi rose-skrywerskamer. 18-21 Augustus 2016 in die Atterbury Teater Foyer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dia van Staden, eienaar van Milestone Events & Training, oud-onderwyseres, lewensvaardigheidspesialis, televisie-aanbieder, radiopersoonlikheid en joernalis, het die inisiatief in Pretoria kom vestig. “Die klein, maar dinamiese groep mense met wie ek my omring, gaan hierdie fees nog ’n taal-en kultuurkrag laat word. Iets om te koester,” vertel sy.

BoekeJol 2016 word ingelei met ’n feestelike KronkelKuier by Stephnies Restaurant in Lynnwood Bridge. ’n Paar skrywers gaan die geleentheid bywoon en terwyl daar heerlik gekuier word, sal daar voorlesings wees en musiek gemaak word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kry jou kaartjie teen R250 per persoon by die Computicket-kantoor, Lynnwood Bridge

Die room van Suid-Afrika se skrywers sal deel uitmaak van ’n lekker-lees en lekker-luister program. ’n Paar van die skrywers wat die BoekeJol gaan bywoon is Piet van Rooyen, Carla van der Spuy, Deon Meyer, Sophia Kapp, Keina Swart, Theuns Eloff en Bettina Wyngaard.

Die musikale verskeidenheid sluit Anna Davel, Lize Beekman, Chris Chameleon, Joshua na die reën, Gisela de Villiers en Robert Brooks in. Daar is behoorlik iets vir elke smaak ingesluit.

Die geleenthede in die Atterbury teater sluit elke aand ’n sanger-skrywer-kombinasie in. Die BoekeJol bied ’n geleentheid vir Afrikaanse kultuurvrate om hul lekkerkry-tande diep in hul gunstelingboeke te slaan en die skrywers persoonlik te ontmoet. Elkeen wat nog altyd gewens het om deel te neem aan ’n gesprek met skrywers, kuiertyd saam met ’n bekende digter te geniet, ete en gesels met hul geliefde persoonlikhede te beleef en vele meer sal 17 tot 21 Augustus in hul dagboeke moet omkring.

“Die BoekeJol en FilmRolfees wil waardering kweek vir die krag van woorde in Afrikaans en ’n kultuur van lees en visuele waardering by jonk en oud aanwakker,” sê Dia. Kobus Burger, RSG se uitvoerende regisseur: drama, sal op Vrydag 19 Augustus ’n slypskool vir die skryf van radiodramas aanbied.

Maroela Media en GrootFM90.5 bied ’n werkwinkel vir aspirant omroepers tussen die ouderdomme van 15 en 25 op Donderdag 18 Augustus aan. Hou Maroela Media dop vir ’n kompetisie waar persone tussen 13 en 22 uitgenooi word om ‘n splinternuwe kompliment in Afrikaans saam te stel en in die vorm van ’n plakkaat hul deelname aankondig.

’n Eksklusiewe voorskou van die rolprent, Dis koue kos, skat, sal op Vrydag 19 Augustus om 14:30 in die Atterbury Teater vertoon word. Kaartjies vir dié teatergeleenthede is by www.computicket.co.za beskikbaar. Alle ander kaartjies kan fisies by die Computicket-kantoor in Lynnwood Bridge aangeskaf word. Geen telefoniese besprekings kan ongelukkig geneem word nie.

Sophia Kapp is benewens skrywer ook voltyds taaladviseur by die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VIVA) en lid van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Dié romanskrywer se opinie oor lees is: “Lees is die beste manier om die beperkings van jou eie leefwêreld te oorkom. As jy hartseer is, swaarkry, eensaam is of vasgekluister is, kan jy ontsnap deur jou vir ’n uur of ’n dag in die alternatiewe werklikheid van ’n storie te gaan tuismaak.” Sophia, wat ook tydens die BoekeJol aan ’n boekbespreking en ’n praktiese skryf van stories sal deelneem, herinner jongmense om met onderskeiding en oordeel te lees wanneer hul die internet as ’n bron van inligting aanwend.

Die BoekeJol en FilmRolfees is Pretoria se eie fees en ’n jaarlikse instelling. Hou die facebookblad met die naam BoekeJol en FilmRolfees dop vir alle inligting. Die webwerf www.boekejol.co.za bevat meer besonderhede. Skakel Dia by 0837261180 of stuur ’n e-pos aan info@boekejol.co.za vir meer inligting.

Jy kan ook die volledige program hier aflaai: BoekeJol-program

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

2 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

2 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

3 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

4 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

6 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.