Ilse van Staden se derde digbundel (sy’t pas ook ’n roman die lig laat sien) vloei weer eens soos water oor die tong, die ink uit haar pen. Net die titel is al aangrypend. Die eerste groep gedigte in die bundel handel oor verlies en afskeid. Die tweede deel, heel verskillend, gaan oor die kleinvolk: torre en slakke en andere kleineres wat ook die groot lewe moet in.
Die tema is die vervlietendheid, nietigheid, die verbygaande aard van ons bestaan, van alles, trouens. En die feit dat dit minimalisties en eenvoudig voorkom, moet juis jou aandag op die inhoud vestig.
Kyk so na die gedig “Afspraak”
eendag, see
sal ek stil word in jou
met my hande soos ’n vis s’n
in gebede gevou
Dis doodeenvoudig beeldskoon.
Uitgewersprys R150 rooi rose R135