Die 17-jarige Dewald se ouers stuur hom na ’n nuwe skool toe sy lewe onverwags omver gegooi word. Elke nuwe skool het sy boelies, en dis boonop nie maklik om ’n tiener te wees wanneer jy ’n skielike hakkelprobleem ontwikkel nie. Dewald probeer weer balans kry maar intussen neem sy beste vriendin belangrike besluite sonder om hom in die saak te ken. Daarby het een van die grootste boelies in die skool hom reeds as sy grootste vyand geteiken. Genoeg is genoeg.
’n Hartroerende verhaal – wat volwassenes gerus maar ook kan lees – deur die stigter van die gewilde facebook-groep, Lekkerlees Boekklub.
“Karlien draai haar handpalms na onder en kruis haar duime oor mekaar. Dan begin sy die gefladder van ’n skoenlapper naboots … ”
Kom sluit aan by hul wêreld van skoenlappers teen boelies.
Uitgewersprys R155
rooi rose R140
Bestel boeke vinnig
Indien jy hierdie boek teen die bogenoemde afslag- rooi rose-prys wil bekom, kies een van die volgende opsies:
1 E-pos jou naam, telefoonnommer en keuse(s) na [email protected]
3 Bel 012 548 2356 gedurende kantoorure en noem dat dit van die rooi rose-boeke is wat jy wil bestel. Ons sal in kantoorure terugbel of e-pos.
4 Besoek graffitiboeke.co.za
5 Boekpryse is onderhewig aan verandering.