Ag, hoe wonderlik! Die onnutsige Pippie waarmee ons almal sekerlik grootgeword het, is terug – en al haar verhale in een boek, nogal. Die geliefde, koddige heldinnetjie met die sproete en rooi vlegsels word vanjaar sewentig, maar sy is altyd in die kleine met ons. Pippie is bekend vir die stories wat sy versin, maar sy het ’n groot hart, een van pure goud. Sy is so verskriklik sterk (sy tel in ’n stadium haar perd bokant haar kop op) dat sy booswigte gou op hul plekke sit!
Geniet die nostalgiereis, of stel jou kinders aan hierdie wonderskrywer (sy het meer as negentig kinderboeke geskryf) se unieke en mees geliefde karakter bekend: die enigmatiese Pippie Langkous.
Uitgewersprys R180
rooi rose R162