Verwerp deur haar man en skoonfamilie, asook deur haar eie familie, het Caz Colijn gesukkel om haar uitsonderlike dogter groot te kry. Maar nou is Lilah ’n suksesvolle, internasionale model en Caz kan uiteindelik haar lewe lei soos sy wil: in afsondering op haar eie lappie Afrika in die Overberg.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }’n Oproep van haar vervreemde suster Tieneke draai Caz se rustige lewe op sy kop. Josefien Colijn, Caz se aanneemma, is op sterwe. As Caz wil weet wie haar biologiese ouers is, moet sy by Josefien uitkom.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Caz gaan Gent toe.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }’n Tonnel na die verlede gaan oop: na haar moeilike jeug onder Josefien; na haar kortstondige huwelik; na die nag waarop Lilah gebore is.
Aanvanklik is Caz onbewus van die mense wat elke beweging van haar monitor. Geleidelik besef sy: die twee Kongolese wat so gereeld haar pad kruis, is op soek na iets waarheen hulle glo sy hulle kan lei. En hulle stuit nie vir moord nie. Die legkaartstukke van Caz se herkoms begin stadig inmekaar pas maar die waarheid het vele fasette, en die net span stywer …
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Wilhelm van der Walt, wat die rol van Dirk Maritz in Skemergrond vertolk, het omtrent amok kom…
Genoeg vir 1 vlegsel Bestanddele 25 g vars gis of 10 g kitsgis…
kykNET het die vermoë om telkemale met ’n unieke dokumentêre realiteits-TV-reeks vorendag te kom wat…
Wanneer dit kouer word, verander ons vel se behoeftes, veral ten opsigte van die vog…
As jy eers hierdie Paasbolletjies geproe het, sal jy nooit weer gewone bolletjies koop nie.…
Ons wys jou hoe om in 3 maklike stappe rabarber, een van die lekkertes van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.