Caz Coijn is terug en daar is ’n hengse klomp ongeslypte diamante in haar besit. Is dit waarom haar eksman skielik opdaag? Is dit waarom ’n Kongolese vrou haar as ’n kunshandelaar voordoen en 2 000 Euro vir dáárdie beeldjie aanbied? Is dit waarom daar op bladsy 100 reeds talle lyke rondlê?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Soos altyd skryf Paul ten eerste om te vermaak maar enigeen wat al ooit ’n bietjie dieper gekrap het, weet ook dat daar baie vlakke in haar werk is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Offerande ondersoek identiteit soos min ander. Wie is ’n Afrikaan en wie is ’n Europeër? Is dit jou velkleur, jou ouers, of jou paspoort wat dit bepaal?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Caz en haar dogter gaan op soek na waar hulle vandaan kom en saam met die spannende storie is daar soveel brandende vrae. ’n Ernstige leser sal die dikke roman weer wil lees om die nuanses en die fyn webbe van die woord raak te sien.
Sorg dat jy genoeg koffie het. Die boek is dik, maar jy gaan hom wil deurlees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Uitgewersprys R260
rooi rose R234
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Foto's: Instagram/Bernice West Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…
Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Hierdie webwerf gebruik koekies.