Dié bekroonde skrywer se vierde roman handel oor Gilbert du Toit, ’n man wat ná die dood van sy pa visioene begin beleef van vlugtige skole visse en kontoerlyne van lig. Die gestaltes is soos boodskappers, dink Gilbert en hy besluit om die visse te volg – heel-pad oor die wye Karoo-vlaktes na die Kaap. Op sy reis kom hy allerlei karakters teë, soos die trio oudtronkvoëls wat nou met trompet, viool en kitaar die platteland deurkruis. Hy het belewenisse in kleindorpse kroeë, selfs in dinosourusparke – talle daarvan so vergesog dat jy jou dit nooit sou kon verbeel het nie. Maar al is sy reis hoe ver, bly die storms van sy verlede hom by.
Op Kuilsrivier vind hy ’n bietjie rus, selfs liefde, maar hy kan die vraag nie langer ontduik nie: Is die visse wat hom aandryf deel van die groter mag wat sy lot bepaal, of is hy net gek?
’n Magiese roman, tergend en onpeilbaar, nes die sterrehemel oor die Karoo …
Uitgewersprys R220
rooi rose R200