Leon van Nierop ken sy flieks, dit weet ons. Die gesoute resensent, draaiboekskrywer en pa van radio- en televisieverhale soos Wolwedans in die Skemer en Ballade vir ’n Enkeling het die grootste deel van sy lewe aan sy liefde vir die flikkerbeelde op die silwerdoek gewy. En nou deel hy dit met ons.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Hierdie omvattende, maar beknopte ensiklopedie- filmoteek van Suid-Afrikaanse, veral Afrikaanse, rolprente is ’n leesbare en wonderwekkende oorsig oor hoe flieks in ons land hul eerste lig aanskou het. Dit skets die verloop van ons kultuurgeskiedenis en hoe die bedryf gegroei het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die boek is vir elke fliekverslaafde en liefhebber van die wonder van die grootste lewende beelde: rolprente.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Indien jy wonder oor die titel? Dit is losweg gegrond op Daar doer in die Bosveld (1951) deur Jamie Uys, een van die reuse van die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf.
Jou insig sal verdiep en jou visie verbreed, glo dit gerus. En boonop lees die boek soos ’n fliek op sigself. Skitterend.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Goeie kommunikasie in ’n verhouding laat die liefde blom. Maar soms eindig verskille in ’n…
Deur Rediscover Dairy Voorbereidingstyd: 5 minute Gaarmaaktyd: 20 minute Bedien: 4 porsies Porsiegrootte: 300…
Riaan Grobler, ’n geliefde radio-omroeper by Pretoria FM asook bekende skrywer en sanger, bewys weer…
Bestanddele 45 ml (3 e) olie 4 klein lamskenkels, die sening afgesny 2 wortels,…
Genoeg vir 6. Bestanddele Jy hoef nie die filo te weef nie, jy kan…
Of jy op soek is na ’n kragtige skootrekenaar om meer as een taak mee…
Hierdie webwerf gebruik koekies.