kategorieë: ReisOntspanning

Boedapest deel 2: stad vol baddens, ruïnes & hartseerskoene

Szimpla Kert Ruïnekroeg

Na soveel hartseer besluit ons op iets wat die gemoed sal verlig, naamlik een van die bekende “ruin pubs” – Szimpla Kert – waar die Sondag toevallig ook ’n straatmark gehou word. Hierdie kroeë het ontstaan in geboue wat eintlik gesloop moes word, en is deesdae een van die hoogtepunte van die Budapestse naglewe (of daglewe, in ons geval).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lees ook: Boedapest deel 1: stad vol baddens, ruïnes & hartseerskoene

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Alles, en ek bedoel ALLES in hierdie kroeg, wat uit ’n hele gebou vol vertrekke bestaan, is herwin. Geroes, gespuitverf, getimmer en aanmekaar geflans – alles hier bymekaar om ’n fantasiewereld van die weggooigoed van gister te laat herlewe. Later loop ons nog Lángos raak in die Karavan Street Food Court langsaan en maak seker ons verloor nie onnodiglik ’n gram op hierdie vakansie nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tee by die New York Café

Op pad terug na ons woonstel maak ons ’n draai by die New York Café. Die woord “café” is in hierdie geval ’n groot eufimisme. Prag en praal begroet ons by die deur en op die maat van ’n vlytige klavierkeurspel neem ons plaas onder Venesiese glaskandelare en goudbeslaande pilaarboë. Dis ’n regte koek-en-tee plek vir die rich & famous en omdat ons nie een van die twee is nie, eet ons maar bolle roomys en kyk die koek met verlangende oë agterna – het juis niks by die vorige stop geëet nie …

Naby ons blyplek het ek die vorige dag ’n klein kroegie/eetplek gesien wat my gefassineer het, en ek wil vir oulaas daar gaan foto’s neem. Die vloer van die For Sale Pub (dis die naam) is vol houtsaagsels gegooi en elke stukkie muur of pilaar is toegeplak met boodskappe wat besoekers op hul plekmatjies geskryf het. Boodskappe is al bo-oor ander boodskappe geplak en terwyl jy teug aan nog ’n Hongaarse bier, lees jy mense vanoor die hele wêreld se drome en wense.

Ná al die geproe en geëet voel ons dis die verkeerdste tyd om die oudste “thermal bath” in Boedapest te besoek.

Badtyd

Die hele stad is besaai met hittebaddens (thermal baths) en Szechenyi bad- en spa is ’n reuse kompleks met kleiner, groter en heel groot warmbaddens, saunas, en ’n paar lewensredders met oorywerige fluitjies. By die deur word ons ingewag deur ’n vrou wat op haar jare seker ’n tronkbewaarder was – gespierd en getooi in wit. Daar word ’n houthokkie aan ons toegeken en ’n armband wat dit kan oop en toesluit. Die idee is definitief dat jy hier by die hokkie al moet begin sweet en drie middeljarige, volgestopte vroue sukkel ’n ronde halfuur om die swembroeke oor hul natgeswete lywe aan te kry.

By die eerste saal is daar ’n lang swembad waarin ’n paar halfhartige swemmers plas. Ons verken verder en soos ’n toneel uit ’n Hongaarse kunsfliek sit daar 10+ figure roerloos in ’n warm bad. Ons kan sommmer sien hier is nie plek vir ons nie en stap maar aan na warm poeletjie nommer drie – nog steeds binnenshuis. Gelukkig is hier trappies en ons probeer so grasieus soos wat ’n mens met 20 ekstra kilogramme kan beweeg in die borrelende waters instap. Was dit nou lekker! Ons dryf saam met nog hangboude-tannies en boepie-omies en voel so tuis dat ons glad nie wil uitklim nie.

Maar waar is die groot buite-swembaddens dan? Later volg ons ’n paar jongmense en daar in die pragtige somerson lê die mooiste swembaddens ooit (hooffoto.) Dit lyk soos ’n waterpaleis.  Drie reuse-reuse swembaddens met heerlike warm water. In die een is daar skaakborde en ’n man hang in diepe konsentrasie oor elke skuif. Gelukkig is hier buite ook nie veel kompetisie vir ons nie, en daar word gedryf en geplas tot ons oumensvingers het. Boedapest is nie Boedapest sonder ’n besoek aan hierdie pragtige, ouwêreldse kompleks nie.

Hierdie stad het my oorrompel met sy bekostigbaarheid, bohemian gevoel, en vele fasette van leef en laat leef.

Beatrix Roux

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

9 hours Gelede

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

12 hours Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

13 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

1 day Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

1 day Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.