A picture taken on February 12, 2023 shows Bobi, a 30 year-old Portuguese dog that had been declared the world's oldest dog by Guinness World Records, sitting in front of his birth place at his home in the village of Conqueiros in Leiria. (Photo by PATRICIA DE MELO MOREIRA / AFP) (Photo by PATRICIA DE MELO MOREIRA/AFP via Getty Images)
Bobi se dood is aangekondig deur ‘n veearts Dr Karen Becker, wat voorheen saam met Bobi gewerk het. Soos aangehaal in ‘n verslag van die BBC, het dr Becker geskryf:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }“Ten spyte daarvan dat hy elke hond in die geskiedenis oorleef het, sou sy 11 478 dae op aarde nooit genoeg wees vir diegene wat hom liefgehad het nie.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Bobi is vroeër vanjaar vir die eerste keer as die wêreld se oudste lewende hond en oudste hond ooit erken.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Hy het sy lewe saam met die Costa-gesin deurgebring in ‘n Portugese dorpie genaamd Conqueiros, naby Portugal se weskus.
Hy is gebore as een van drie rasegte Rafeiro do Alentejo-hondjies. Sy lewe het begin toe hy genadedood net-net vermy het omdat sy eienaars, wat nie die middele gehad het om hondjies te versorg nie, besluit het om hom nie uit te sit nie.
Leonel Costa en sy broers het Bobi egter van daardie lot gered en sy teenwoordigheid geheim gehou totdat hy ‘n geliefde lid van die familie geword het.
Bobi se eienaar, Leonel, het gesê dat Bobi ‘n probleemvrye lewe geleef het. Hy het ‘m paat maande voor sy heengaan stap-probleme ontwikkel en verslegtende sig ervaar.
Foto: Getty Images
Volgens Leonel lê die sleutel tot sy Bobi se lang lewe in die rustige omgewing waarin hulle woon, in die klein dorpie Conqueiros.
Vroeër vanjaar in Mei, nadat hy deur Guinness World Records as die wêreld se oudste hond gedoop is, het hy sy 31ste verjaardag saam met meer as 100 gaste (insluitend ‘n dansgroep wat opgetree het) by sy tradisionele Portugese verjaardagfees gevier.
Bobi het in sy leeftyd internasionale bekendheid verwerf met mense van alle uithoeke van die wêreld wat Conqueiros besoek het om hom te ontmoet.
Guinness World Records het nog nie Bobi se opvolger van die titel van wêreld se oudste lewende hond aangewys nie.
Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…
Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou. [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…
Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…
In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…
Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…
Hierdie webwerf gebruik koekies.