kategorieë: Ons menseBekendes

Bobby van Jaarsveld klim in Nico Panagio se skoene vir ‘Semi-Soet’-verhoogproduksie

Dertien jaar na die vrystelling van die geliefde Afrikaanse rolprent Semi-Soet, kry dié romantiese komedie ’n splinternuwe baadjie – en dié keer op die verhoog! Semi-Soet – die musiekblyspel kom in Mei na die AfriForum Teater in Pretoria en beloof om die teaterhoogtepunt van die jaar te wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dié musiekblyspel bring ’n nuwe dimensie na die ikoniese storie van Jaci van Jaarsveld, ’n selferkende werksverslaafde wat met ’n halsoorkop-plan probeer om die advertensiemaatskappy waarvoor sy werk, te red.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In die rolprent was kykers mal oor Anel Alexander en Nico Panagio se vertolking van Jaci en JP – en nou, vir die verhoogproduksie, klim die Afrikaanse sanger en akteur Bobby van Jaarsveld in die manlike hoofrolspeler se skoene. Bobby, bekend vir treffers soos My alles en ’n Vrou wil dit hoor, het Dinsdagoggend sy betrokkenheid by die produksie en terugkeer na die teaterwêreld bevestig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Semi-Soet was so ’n gewilde fliek en verseker een van my gunstelinge. Om dit nog boonop in die teater teenoor Anel Alexander te kan speel is ’n reusevoorreg en die grootste kersie op die koek. Lank lewe teater!” het Bobby vanoggend in ’n radio-onderhoud vertel.

Anel Alexander, wat weer in haar ikoniese rol as Jaci van Jaarsveld te sien sal wees, is net so opgewonde oor hierdie nuwe weergawe van Semi-Soet en Bobby se betrokkenheid.

“Daar is darem net één man in die land wat die skoene – of sal ons sê Speedo – van Nico Panagio kan volstaan op die verhoog, en dit is Bobby. Ons was buite onsself van opgewondenheid toe hy ingestem het om saam te sing en speel.”

Lees ook: 10 redes waarom jy die Februarie-uitgawe van rooi rose móét lees!

Anel het 22 jaar gelede haar eerste verhoogstuk as professionele aktrise op die einste verhoog (toe nog die Performer-teater) opgevoer.

“Ek kan nie wag om hierdie geliefde storie in ’n ander formaat met gehore te deel nie. Dit is alles wat aanhangers van Semi-Soet verwag en méér!” sê sy.

Die verhoogproduksie is ’n AfriForum-produksie in samewerking met Inhoud Huis Musiek. Die draaiboek is gebaseer op die oorspronklike film wat deur Sandra Vaughn, Anel en James Alexander geskryf is, en spog met splinternuwe musiek deur Johan Vorster en Jacomien de Wet. Die talentvolle Jannes Erasmus, wat reeds sy merk gemaak het met musiekteaterproduksies soos Die Gelofte en Die Kaplyn, neem die regisseursrol in. Jacomien, Johan en Jannes het al verskeie treffermusiekteaterproduksies, insluitende Die Gelofte en Die Kaplyn, die lig laat sien.

Volgens Vorster gaan hierdie musiekblyspel gehore se harte verower: “Wanneer jy die naam Semi-Soet hoor, kry jy outomaties ’n glimlag op jou gesig. Dit is ’n voorreg om saam met Anel te werk en nuwe lewe in ’n storie wat so geliefd is, te blaas.”

Waar en wanneer?

📍 AfriForum Teater, Pretoria
📅 Mei 2025
🎟️ Kaartjies binnekort beskikbaar. Hou www.SemiSoetMusiekblyspel.co.za dop vir meer inligting.

Lees ook: Jaci en JP is terug! Netflix word Semi-Soeter met nog Afrikaanse kykstof

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 heerlike pastaresepte om nou te maak

Ons hou so baie van pasta, maar dit beteken nie ons hoef net spaghetti bolognese…

1 hour Gelede

Wyn-en-kos pasmaat-spyskaart nou deel van Upper Union se aanbieding

Deur Clifford Roberts.   “O gonna! Wil julle foto’s neem?” borrel Amori Burger toe sy…

1 day Gelede

Valentynsoentjies met whisky-karamelsous

Verras en bederf jou liefie dié Valentynsdag met ietsie soets, soos hierdie verleidelike Valentynsoentjies met…

1 day Gelede

Ontdek die nuwe UltraFlora®-reeks – nou gerieflik yskasvry

Metagenics is baie opgewonde om hul verbeterde UltraFlora®-reeks bekend te stel. Dit is nou in…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Februarie-uitgawe van rooi rose móét lees!

  ’n Klassieke liefdesverhaal  Nico en Christi Panagio vier hierdie liefdesmaand 25 jaar van…

4 days Gelede

Tortilla braaibroodjies

Hierdie is die lekkerste braaibroodjies wat ons nog geëet het! Deur Vickie de Beer

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.