Die Pretty Powerful Campaign for Women & Girls is daartoe verbind om te verseker dat alle vroue en meisies opvoeding tesame met lewens- en werksvaardighede ontvang sodat hulle as individue, studente, werknemers, eggenote en ouers kan floreer. Die veldtog ondersteun ’n aantal liefdadigheidsorganisasies regoor die wêreld, asook Heartbeat in Suid-Afrika. Heartbeat is ’n organisasie wat omsien na die emosionele welstand van wees- en kwesbare jong vroue en meisies wat deur MIV geraak word. Lees meer op hul webblad: www.heartbeat.org.za
Maak só ’n verskil: Wanneer jy ’n buisie van Bobbi Brown se bekende Everything Mascara koop, gaan 100% van die koopprys aan The Girl Rising Fund. Die maskara kom in ’n beperkte uitgawe pop-of-pink-buisie. Klik hier vir meer.