Serves:Bedien 4 tot 6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Caesar-slaai bedien met Drostdy-Hof Extra Light
Bestanddele
Vir die slaai:
1 x 30 cm-baguette, in dun snye
10 ml avokado-olie
1 volledige blaarslaai
1 ryp avokadopeer, geskil en gesny
handvol kasjoeneute
Vir die slaaisous:
1 knoffelhuisie, geskil en fyn gedruk
100 ml karringmelk
5 ml Dijon-mosterd
10 ml heuning
Parmesaanse-kaasskaafsels
Instructions
Metode 1. Voorverhit die oond tot 200°C. Plaas die snye baguette in ’n enkele laag op ’n bakpan en borsel liggies met die avokado-olie. Bak vir 5 tot 10 minute tot goudbruin. 2. Berei die slaaisous voor: Verhit ’n braaipan en braai die knoffel liggies tot sag. Kombineer die karringmelk, mosterd en heuning en voeg by die knoffel in die pan. Roer om te integreer. 3. Sny die blaarslaai in sy lengte in vier ewe groot stukke. Plaas die snye avokadopeer en geroosterde snye baguette bo-op. Sprinkel die slaaisous oor die blaarslaai en plaas Parmesaanse-kaasskaafsels en kasjoeneute bo-op.
Drostdy-Hof Extra Light kos sowat R30 per bottel en is landwyd beskikbaar.