Laekoolhidraat-rolletjies
• 150 g amandelmeel
• 40 g fyn gemaalde psyllium husks (dop), koop gemaal, of maal in ’n koffiemeule
• 60 g klappermeel
• 75 g gemaalde vlassaad (flaxseed) fyn gemaal met ’n koffiemeule
• 10 ml (2 t) kremetart
• 5 ml (1 t) koeksoda
• 5 ml (1 t) sout
• 6 eierwitte
• 2 eiers
• 500 ml (2 k) kookwater
• 80 ml (? k) sesamsaad
Frikkadelle
• 30 ml gemaalde psyllium husks
• 125 ml (½ k) volroomjogurt
• ’n bietjie volroommelk
• 10 ml (2 t) mosterdpoeier
• 10 ml (2 t) fyn gekapte knoffel
• gerasperde skil van
1 suurlemoen
• 2 kg beesmaalvleis
• 1 skyf fetakaas, gekrummel
• 60 ml (¼ k) olyfolie
Broodjies
1 Verhit die oond tot 175 °C.
2 Voer ’n bakplaat met bak-papier uit.
3 Meng al die droë bestanddele in ’n groot mengbak.
4 Klits die eiers tot skuimerig en voeg die eier by die droë bestanddele. Voeg die kookwater by en meng. Laat die mengsel effens afkoel.
5 Verdeel die mengsel in 8 en maak rolletjies met jou hande.
6 Sit op die bakplaat, strooi sesamsaad oor en bak vir 45 min. of tot goudkleurig en gaar.
Frikkadelle
1 Meng al die bestanddele behalwe die olyfolie in ’n groot mengbak. Geur met sout.
2 Maak frikkadelle die grootte van tennisballe. Druk plat en smeer alkant met olyfolie. Braai vir 12 min. aan elke kant, of tot gaar.
3 Sit voor op die broodrolletjies met slaaiblare, gesnyde tamaties, rooi-ui en avokado.
Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…
Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…
Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…
Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou. [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…
Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…
In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…
Hierdie webwerf gebruik koekies.