kategorieë: GebakKosLaekoolhidraat

Bobaas muffins

As jy niks anders vir ontbyt kan maak nie, bak dan ten minste 1 keer per week hierdie voedsame muffins. Jy kan dit maklik in iemand se hand stop op pad uit of pak dit in ’n kosblik. Die muffins is veselryk met lae GI. Deur vrugte, neute en sade by te voeg, verhoog jy die voedingswaarde nog meer. Hou die beslag in die yskas en bak net soveel soos wat jy benodig. Dit sal vir 1 maand in jou yskas hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele

  • 8 eiers
  • 500 ml (2 k) sonneblomolie
  • 250 ml (1 k) semels
  • 2,5 kg volkoringmeel
  • ± 1,5 L melk
  • 500 ml (2¾ k + 3 e) sagte bruinsuiker
  • 5 ml (1 t) sout

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n muffinpannetjie met kolwyntjiepapier uit.

  1. Klop die eiers en olie saam tot goed gemeng.
  2. Meng die res van die bestanddele by en meng goed deur.
  3. Skep die mengsel in die bereide muffinpannetjie tot ¾ vol. Bak vir 20 -30 min. (afhangende van die grootte) tot ’n toetspen skoon uitkom en dit gaar is.
  4. Laat afkoel op ’n draadrak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

VARIASIE – maak 6: Skep 500 ml (2 k) van die mengsel uit, voeg by: 250 ml gemengde bessies soos frambose, aarbeie en bloubessies by die beslag en bak soos bo beskryf. Maak 4 piesangs fyn en meng deur of rasper 2 appels of 2 wortels en meng deur die beslag.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.