kategorieë: Kos

Bobaas-burgers

Die beste frikkadel

Dit is beslis beter om jou eie vleis te maal. Daarvoor het jy ’n gewone voedselverwerker nodig. Hou die vleis koud en gebruik die polsaksie op die masjien. Oorwerkte vleis sal pap word en die frikkadel sal te styf wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Karamel-pynappelskywe is ’n lekker bolaag op ’n burger. Braai dun gesnyde skywe pynappel in botter en ’n bietjie bruinsuiker

Gebraaide halloumi gee ’n burger sterstatus

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoenderfrikkadel – die frikkadel lyk donker omdat sojasous bygevoeg word

• ’n Gebakte eier is heerlik op enige burger – en dit is nie net vir ontbyt nie!

Bros gebraaide spek maak alles mos lekkerder!

Klik hier vir die beste bolae en bykomstighede

Frikkadelle

Die beste beesvleisfrikkadelle
genoeg vir 4 groot frikkadelle

• 800 g dikrib (chuck) en borsstuk (brisket), in blokke gesny (sny die beentjies en senings uit)
• 2 knoffelhuisies, fyn gekap
• 1 brandrissie, fyn gekap
• 10 ml (2 t) Sriracha-sous, opsioneel (kry dit by Woolies)
• 10 ml (2 t) gerookte paprika
• 30 ml (1 e) Dijonmosterd
• hand vol pietersielie, fyn gekap
• sout en swartpeper

1 Sit al die bestanddele in die bak van ’n voedselverwerker. Pols die masjien 3-4 keer kortliks totdat die vleis grof verwerk is. Moenie oorwerk nie. Geur met sout en swartpeper.
2 Vorm die vleismengsel in 4 hamburger-frikkadelle van 200 g elk. Sit vir 1 uur in die yskas.
3 Verhit ’n pan oor matige hitte. Smeer die hamburgerfrikkadelle liggies met olyfolie en braai vir 7-10 min. aan elke kant of tot gaar. Jy kan die burgers ook in die oond gaarmaak – bak vir 20 min. by 190 ˚C. En natuurlik kan jy hulle oor die kole braai.

Geurige hoenderfrikkadelle
genoeg vir 4

• 600 g hoenderfilette (sonder vel en been), in blokkies gesny
• ½ groen brandrissie
• 5 cm gemmer, fyn gekap
• 2 knoffelhuisies, fyn gekap
• 15 ml (1 e) sojasous
• 5 ml (1 t) sesamolie
• 10 ml (2 t) heuning
• gerasperde skil van 1 lemmetjie
• hand vol vars koljander, gekap
• 100 g kasjoeneute, gekap

1 Sit al die bestanddele in die bak van ’n voedselverwerker. Pols die masjien 3-4 keer kortliks totdat die hoender grof verwerk is. Moenie te veel verwerk nie. Geur met ’n knypie sout
2 Vorm die hoendermaalvleis in 4 frikkadelle van 150 g elk. Sit vir 1 uur in die yskas.
3 Verhit ’n pan oor matige hitte. Smeer die frikkadelle liggies met olyfolie en braai vir 7-10 min. aan elke kant of tot gaar. Jy kan die burgers ook in die oond gaarmaak – bak vir 20 min. by 190 ˚C.

Klik hier vir die beste souse

Fantasiese forelfrikkadelle
genoeg vir 4

• 400 g forelfilette, sonder vel en grate. Jy kan ook salm gebruik maar dis aan die duur kant
• 400 g vars stokvis, sonder vel en grate
• gerasperde skil en sap van 1 lemmetjie
• 30 ml (2 e) teriyaki-sous
• 2 sprietuie, gekap
• hand vol koljander, fyn gekap
• 1 knoffelhuisie, fyn gekap
• 60 ml (¼ k) baba-ertjies (petit pois), ontvries
• 5 ml (1 t) mielieblom

1 Sit al die bestanddele in die bak van ’n voedselverwerker. Pols die masjien 2-3 keer kortliks totdat die vis grof verwerk is. Moenie te veel verwerk nie. Geur met ’n knypie sout.
2 Vorm die gemaalde vis in 4 frikkadelle van 150 g elk. Sit vir 1 uur in die yskas.
3 Verhit ’n pan oor matige hitte. Smeer die frikkadelle liggies met olyfolie en braai vir 7-10 min. aan elke kant of tot gaar. Jy kan die burgers ook in die oond gaarmaak – bak vir 20 min. by 190 ˚C.

Lamsvleisfrikkadelle
genoeg vir 4

• 800 g ontbeende lamsboudvleis, in blokke gesny
• 70 g fetakaas, gekrummel
• 2 knoffelhuisies, fyn gekap
• 7,5 ml (1½ t) gemaalde komyn
• 7,5 ml (1½ t) gemaalde koljander
• 15 ml (1 e) korrelmosterd
• gerasperde skil van 1 suurlemoen
• hand vol kruisement, fyn gekap
• hand vol koljander, fyn gekap

1 Sit al die bestanddele in die bak van ’n voedselverwerker. Pols die masjien 2-3 keer kortliks totdat die vleis grof verwerk is. Moenie te veel verwerk nie. Geur met ’n knypie sout.
2 Vorm die gemaalde vleis in 4 frikkadelle van 150 g elk. Sit vir 1 uur in die yskas.
3 Verhit ’n pan oor matige hitte. Smeer die frikkadelle liggies met olyfolie en braai vir 7-10 min. aan elke kant of tot gaar. Jy kan die burgers ook in die oond gaarmaak – bak vir 20 min. by 190 ˚C.

Die beste burgerbroodjies

Hierdie brooddeeg word met melk en botter verryk, wat dit ’n lieflike goue kleur en fantastiese smaak gee. Rooster die broodjies se gesnyde kante liggies voordat jy jou burger begin bou.

Burgerbroodjies
genoeg vir 6

• 65 g suiker
• 5 ml (1 t) sout
• 10 g (1 sakkie) kitsgis
• 500 g broodmeel
• 375 ml (1½ k) louwarm melk
• 75 g botter, gesmelt
• 1 eier geklits saam met ’n knypie sout vir die eierglaseersel
• 15 ml (1 e) sesamsaad, of saadjies van jou keuse

1 Gebruik ’n menger met ’n deeghaak. Sit die suiker, sout, kitsgis en broodmeel in die mengbak.
2 Meng die melk en botter en gooi stadig by die meelmengsel terwyl die menger aan is. Meng vir sowat 10 min. tot die deeg glad en elasties is.
3 Bedek die bak en laat die deeg vir 1 uur in die mengbak rys tot dubbel die grootte.
4 Voorverhit die oond tot 180 °C.
5 Knie die deeg vir 1 min. Verdeel die deeg in 6 rolletjies. Sit die rolletjies op ’n bakplaat en hou eenkant vir 30 min. Smeer die broodjies met eiersmeer en strooi sesamsaad oor. Bak vir 15-20 min. of tot goudbruin en gaar.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Egskeiding hoef jou nie te breek nie: 10 wenke

Egskeiding is nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te krepeer nie…

36 minutes Gelede

Ken jou wegsleepregte

Ken jou wegsleepregte deur: Anet Schoeman.    Om langs die pad gestrand te wees weens…

51 minutes Gelede

Griekse hoender-en-rys-gebak

’n Liplekker aandete - Griekse hoender-en-rys-gebak. Die dis kry broccoli en fetakaas in vir ekstra…

1 hour Gelede

Bekroonde akteur Chumani Pan vertolk rol van prins in ‘Diepe Waters’

kykNET is trots om die terugkeer van die bekroonde akteur Chumani Pan na die kanaal…

1 hour Gelede

Badpret: gee jou baba ’n voorsprong!

Het jy geweet teen die ouderdom van drie is 85% van jou kleinding se brein…

2 hours Gelede

Nuwe tydperkfliek ‘On Swift Horses’ stel die vraag: Wat is liefde?

Deur Margaret Gardiner  Liefde is iets waarna ons soek. Vele goeie boeke, flieks en liedjies…

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.