Ons help diere al sedert 1892 om langer, gelukkiger, gesonder lewens te leef. Bob Martin vervolmaak dus al omtrent 1 000 hondejare gesondheidsorg én maak voedsame kos en lekkernye vir jou dierekinders, wat herstellende, voorkomende en prestasieverbeterende voordele bevat.
Hulle is immers meer as net troeteldiere, hulle is deel van die gesin … As jy deel van die Pet Parent Club word, gee jy nie net vir hulle die beste behandeling, kos en lekkernye nie, maar jy maak ook seker dat hulle die beste mediese ondersteuning kry.
Omdat ons troeteldiere ken, weet ons dat ons meer kan doen en ons verstaan wat die beste vir jou gesin is. Ons het, saam met die beste vennote, die beste moontlike troeteldierversekering ontwikkel wat vir jou behoeftes pasgemaak is. Dit bied voordele soos ’n “Veearts in jou sak” vir daardie tye wat jy onseker is of jy hospitaal toe moet jaag of nie. Of die “Leefstyl-voordeel” wat jou geregtig maak om R1 000 per jaar op kos, medikasie, versorging, en soveel meer. Polishouers kry ook die bykomende voordeel van eksklusiewe afslag op Bob Martin-handelsmerkprodukte, soos Bob Martin-gesondheidsorg en kos, soos Olympic, Pamper, Beeno, Husky, Bon Appetite en Felight Cat Litter.
Ons wil seker maak dat troeteldiere van alle ouderdomme na gekyk word en ons is veral opgewonde om daar te wees aan die begin wanneer nuwelinge in die gesin verwelkom word.
BobSure Pet Insurance sal jou die gemoedsrus gee dat jy en jou familie in die beste hande van mense is wat werklik troeteldiere ken.
Waarom versekering vir jou troeteldier belangrik is – dis duur om ’n troeteldier te besit
Troeteldiereienaarskap is lonend en alle troeteldiere bied nabyheid, liefde en vreugde met drukkies en soentjies, maar dit alles kom ook met ’n verantwoordelikheid. Ons is nie seker dat almal die omvang van mediese sorg vir troeteldiere verstaan nie, veral wanneer daar ’n ongeluk is of wanneer hulle siek raak. Veeartsrekeninge hoop vinnig op, en troeteldiereienaars staar dikwels baie vinnig moeilike finansiële besluite in die gesig.
Die werklikheid van veeartsonkostes
Let wel, die kostes wat hieronder gegee word, is op P.UMA van 1 Januarie 2023 tot 31 Desember 2024 gegrond en kan vir spesifieke gevalle verskil. P.UMA is geensins aanspreeklik vir enige foute of weglatings wat plaasvind as gevolg van data wat verskaf is nie.
Hoeveel kos een enkele besoek aan die veearts, veral wanneer dit by algemene probleme kom?
Hier is van die gereelde probleme wat in katte en honde gevind word:
Toptienprobleme vir katte
Probleem | Koste (R) |
Niersiekte | 3,645 |
Abses | 2,281 |
Maagdermontsteking | 2,629 |
Wonde | 2,012 |
Dermatitis | 960 |
Hardlywigheid | 2,763 |
Blaasinfeksie | 2,293 |
Harttoestand | 3,496 |
Blindvliesontsteking (konjunktivitis) | 1,073 |
Oorinfeksie | 1,224 |
Toptienprobleme by honde
Problee | Koste (R) |
Dermatitis | 1,343 |
Oorinfeksie | 1,645 |
Maagdermontsteking | 2,583 |
Mankheid | 2,256 |
Wonde van hondegevegte | 3,086 |
Harttoestand | 2,585 |
Groeisels | 4,121 |
Hemorragiese maagdermontsteking | 4,196 |
Ooginfeksie | 1,696 |
Tumor | 5,950 |
Vir sekere rasse kan mediese onkostes selfs meer wees as gevolg van genetiese voorbeskiktheid. Byvoorbeeld, worshondjies is geneig tot intervertebrale skyfsiekte te kry, wat maklik tot R15 000 kan kos, terwyl Franse bulhonde dikwels aan brachycefalie ly, waarvoor behandeling dikwels om en by R12 000 kos.
Waarom moet ek versekering vir my troeteldier oorweeg en hoe help dit?
Bobsure-versekering verseker dat jou wollerige maatjie die beste behandeling kry sonder dat jy oor die finansiële koste daarvan hoef te bekommer, en kom ons wees eerlik: Die meeste gebeure vind onverwags plaas.
- Finansiële veiligheid tydens noodgevalle
Die koste van die noodbehandeling wat ’n veearts bied, is oorweldigend.
Bobsure maak dit vir jou moontlik om op jou troeteldier se herstel te fokus pleks daarvan om jou oor veeartsrekeninge te bekommer. Hou net ’n oog op bybetalings.
- Toegang tot beter behandelingsopsies
Heelwat troeteldier-eienaars is as gevolg van kostes huiwerig om met duur operasies, spesialisbehandelings en gevorderde diagnoses voort te gaan. Bobsure is daar vir jou en help jou om besluite oor mediese sorg te neem op grond van wat vir jou troeteldier die beste is in plaas van finansiële beperkinge.
- Dekking vir rasspesifieke probleme
Sekere rasse is meer vatbaar vir oorgeërfde probleme, wat oor tyd baie geld kan kos. Bobsure bied dekking vir voortgaande behandeling, wat dit makliker maak om potensiële mediese onkostes op die duur te hanteer.
- Daagliks sorgvoordele
Bobsure spaar geld deur daaglikse sorgvoordele, soos welstandsondersoeke, inentings, sterilisasie, haar- en naelversorging en tandskoonmaak in te sluit, wat die uit-jou-sak-uit-uitgawes verminder danksy voorkomende sorg.
Bobsure se leefstylvoordeel laat jou toe om op ons betroubare Bob Martin vooraf goedgekeurde produkte terug te eis, wat nog meer spaargeld terug in jou sak sit.
Wat maak BobSure se Comprehensive Plan uniek?
Die meeste troeteldierversekeraars het ’n jaarlikse beperking of subbeperkings op eise – jy kan dus aanspreeklik gehou word vir ’n tekort bo-op jou bydrae. BobSure se Comprehensive Plan staan kop en skouers uit, want dit het geen beperkinge op ongelukke of siekeise nie. Dit beteken dit maak nie saak hoe erg jou troeteldier se toestand is nie, jy nie hoef te bekommer oor ’n finansiële gaping nie.
Boonop, bied BobSure die volgende:
- Direkte betalings aan veeartse om finansiële druk te verlig
- Eise word binne ’n flinke 72 uur-proses uitbetaal vir meer gerief – dit kan selfs vinniger wees indien dit gereël word.
- Ons het geen ras-spesifieke uitsluitings nie, en daarom sal daar geen verrassings wees wanneer jy moet eis nie.
- Ons onderskryf jou troeteldier van die begin af sodat as daar ’n verlies is, geen verdere besprekings nodig is nie.
Die waarde van voorkomende sorg
Voorkoming is beter as enige kuur – so sê hulle…
Die BobSure-polis dra daarom by tot daaglikse sorgonkostes.
Met die leefstylvoordele, kan troeteldiereienaars van Bob Martin se vooraf goedgekeurde produkte terugeis en so verseker dat troeteldiere die beste welstandsorg ontvang sonder enige ekstra finansiële druk daarby.
Laaste gedagtes
Niemand hou daarvan om daaraan te dink dat hul troeteldier siek kan raak of seer mag kry nie. Maar om jou kinders in die oë te kan kyk en te sê: “Moenie bekommerd wees nie, ek het dit” met die wete dat jy finansieel op onverwagse mediese rekeninge voorbereid is, is ’n baie lekker gevoel. En onthou: Die onbeperkte dekking verseker dat jou troeteldiere die beste sorg sal ontvang wat hulle verdien.
BobSure kyk al sedert 1892 mooi na jou diere – ons wil die volgende stap saam met jou neem en seker maak dat jou troeteldier ’n lang, gesonde en gelukkige lewe lei.
As jy versekering vir jou troeteldier oorweeg, praat met ons, want ons sal baie graag wil help.
Bob Martin het sedert 1892 troeteldiere gehelp om langer te leef.
BobSure Pet Insurance word onderskryf deur Renasa Insurance Limited, ‘n gelisensieerde nie-lewensversekeraar FSP 15491, en word met trots geadministreer deur Pet Underwriting Managing Agency (P.UMA), ‘n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer FSP 44387.
Lees ook: Wenke vir binnenshuise plante