kategorieë: Bekendes

Bob Dylan wen Nobelprys vir Letterkunde

Bob Dylan (75) het die Nobelprys vir Letterkunde vir 2016 gewen. Hy is die eerste musikant om hierdie gesogte prys te wen en staan nou in die geselskap van groot name soos T. S. Eliot, Gabriel García Márquez, Toni Morrison en Samuel Beckett.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die keuse het gemengde reaksies ontlok. Die prys, wat deur die Sweedse Akademie toegeken word, is seker die mees radikale keuse tot op hede. Die feit dat ’n sanger soos Dylan die prys gewen het, het die grense van literatuur dramaties verander. Baie kritici wonder of musiek-lirieke dieselfde artistieke waarde as gedigte of romans besit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die topverkoper-skrywer Jodi Picoult het onder andere op Twitter gevra: “I’m happy for Bob Dylan, #ButDoesThisMeanICanWinAGrammy?”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Rabih Alameddine was ook negatief: “This is almost as silly as Winston Churchill.”

Maar daar was ook positiewe reaksies. Gesogte skrywers soos Stephen King, Joyce Carol Oates en Salman Rushdie het Dylan geloof deur hom die briljante erfgenaam van die barde-tradisie te noem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

The New York Times noem Dylan ook “the poet laureate of the rock era.”

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

12 hours Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

18 hours Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

19 hours Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

19 hours Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

19 hours Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

20 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.