Voor jy groot geld uitgee: hou die water in jou geiser met ’n isoleerkombers warm. Isoleer ook die pype waardeur die warm water loop. Jy kan krag spaar deur jou geiser elke dag vir ’n paar uur af te skakel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Sonkrag is skitterend, maar nogal duur om te laat installeer. As die prys jou afskrik, maak die volgende berekening: Tel op hoeveel jy in ’n jaar vir elektrisiteit betaal het. Deel dit deur twee om min of meer die bedrag te bepaal wat jy aan waterverhitting bestee het. (Volgens Eskom maak waterverhitting 40% tot 60% van jou elektrisiteitsrekening uit.) Sonkrag kan jou 80% van dié bedrag spaar. Vergelyk dit met die prys van ’n sonkragstelsel. Oor ’n tydperk van sowat drie jaar het jy die prys van die stelsel verhaal.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Baie bestaande geisers wat nie te bejaard is nie, kan aan sonkragpanele gekoppel word. Wanneer jy ’n verskaffer soek, vra vrae totdat jy tevrede is: Hoe lank is hulle in die bedryf? Wat is die naverkoopdiens? Is hulle bereid om vorige kliënte se name as verwysings te verskaf?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die groot voordeel van gas is dat dit altyd beskikbaar is. In ’n paar dele van die land soos Johannesburg en Kaapstad het verbruikers natuurlike gas wat reeds aangelê is. Dit kos byna dieselfde as elektrisiteit, terwyl vloeibare petroleumgas (VPG) heelwat duurder is. Maar gas is baie doeltreffend omdat geen vermorsing plaasvind nie.
Dis aanvanklik duur om gasgeisers te installeer, maar dié wat dit reeds het, sweer daarby. Dit maak slegs die water wat jy onmiddellik gebruik, warm. Jy kan ’n geiser aan gas en elektrisiteit of sonkragpanele laat koppel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Vir kos kook is daar talle opsies, en party is spotgoedkoop.
As jy nog nie ’n prutkissie (haybox, hotbox of wonder box) besit nie, is dit nou die tyd om een van dié vindingryke kontrepsies aan te skaf of te maak. Dié groterige kissie of stewige boks (’n appelboks werk lekker) wat deeglik geïsoleer is en met isoleermateriaal soos hooi, polistireenballetjies of snysels koerantpapier daarin, kan jou halfgaar kos gaarmaak. Bring jou rys of mieliepap tot kookpunt, of kook jou bredie vir so 15 tot 20 minute, sit dit in die prutkissie en gaan jou gang. ’n Paar uur later het jy gaar, stomende warm kos.
’n Sonstoof is ’n heerlike ding, veral oor naweke, of as jy van die huis af werk en elke nou en dan ’n oomblik of wat aan hom kan afstaan. Die enigste energie wat hy gebruik, is die son. Jy kan met die stoof vinnig of stadig kook, brood bak, of in sommige soorte selfs diepbraai.
Die “boksstoof” word gebruik vir ’n stadige kookproses en moet elke uur of twee geskuif word; die paraboliese stoof, wat soos ’n omgekeerde aluminiumsambreel lyk, elke 15 tot 20 minute. Die Vesto-stofie, wat in 2004 die Disa-toekenning vir ontwerp gewen het, is omtrent so groot soos ’n 25 liter-verfblik, verbrand hout of steenkool en kan ook as ’n verwarmer gebruik word.
Gasstowe kom in elke moontlike grootte, van ’n spesiale staandertjie wat jy direk op ’n gasbottel kan aanskroef, tot ’n groot stoof.
Kevin Robertson van die Vereniging vir die Veiligheid van Vloeibare Petroleumgas het twee veiligheidswenke vir verbruikers: As daar ’n oop vlam is, moet daar ventilasie in die vertrek wees, al is dit net ’n venster wat op ’n skrefie oop is. En as jy jou gasstofie of -bottel op die stoof neersit wanneer die elektrisiteit afgeskakel is, onthou om die stoof af te skakel. As die krag weer aangaan, en jou stoof is aan, kan ’n ontploffing plaasvind.
Julle het nie van braaivleis vergeet nie, nè?
Wanneer die winterwindjie so gemeen raak, weet jy dadelik waar daar gleuwe en openinge in jou huis is. Stop dit toe om ’n onmiddellike verskil te maak. Die mense by die ysterwarewinkel kan vir jou meer permanente oplossings aan die hand doen.
Dit kan ’n baie groot verskil aan jou huis se temperatuur maak om jou plafon te laat isoleer met veselglas of ’n mengsel van herwonne koerantpapier en chemikalieë wat (sê die vervaardigers) onskadelik vir mense is, maar bestand is teen rotte en muise.
As jy so gelukkig is om te kaggel te hê, weet jy dat dit een van die plesiere van die winter is om vuur in die kaggel te maak.
Antrasiet- of houtstofies is van die duurder opsies, maar ’n wonderlike luukse. ’n Stofie van goeie gehalte kan ’n groot deel van jou huis verhit. Hout brand skoner as antrasiet en is die groener opsie.
Losstaande gasverhitters is by alles-onder-een-dak-winkels te koop en kos van ’n paar honderd rand tot ’n paar duisend. ’n Gassilinder van 48 kg kan 60 tot 70 uur lank verhit, afhangende van die temperatuur waarop jou verwarmer gestel is.
Jou outomatiese motorhuisdeur en jou huis se alarmstelsel is die laaste goed wat jy wil hê sonder krag moet wees. Dié, asook allerlei ander elektroniese toerusting, kan aan ’n battery-ondersteuningstelsel, ook bekend as ’n OKT (UPS)-stelsel (ononderbroke kragtoevoer) gekoppel word.
Jy kry ’n paar stelsels. Die korttermynstelsel het sy eie batterytjies wat onmiddellik, vir vyf tot tien minute, kan “oorvat” wanneer krag afgeskakel word. Dit kan jou motorhuisdeur laat oopgaan of jou kans gee om jou rekenaar behoorlik af te skakel.
Die langtermynstelsel kan aan groter batterye gekoppel word en kan tot twee uur krag voorsien. ’n Elektroniese langtermyn- ondersteuningstelsel kan van twee tot 24 uur krag verskaf.
Kragopwekkers gebruik petrol of diesel. Hulle is effens lawaaierig, stel petrol- of dieselwalms vry, en het onderhoud nodig, soos ’n motor. ’n Kragopwekker wat die meeste alledaagse toestelle in jou huis, soos die mikrogolf, wasmasjien, TV en ligte van krag kan voorsien, gebruik so 35 liter petrol of diesel vir sowat nege uur se krag.
As jy geen alternatiewe kagbron of ondersteuning het nie, hou jou yskas en vrieskas koud deur hulle so min moontlik oop te maak. As die krisis voortduur, is dit beter om rou kos gaar te maak – op ’n vuur, as dit daarop aankom, en dan so koel moontlik te hou.
• Hou ’n flits of kers by die voordeur en een of twee ander sentrale plekke in jou huis. Maak ’n fakkel by jou tuinhek staan.
• As jou voete warm is, voel jy die koue minder. En daar is ook geen wet wat jou verbied om ’n lekker warm mus in die huis te dra nie.
• Maak vir elkeen wat voor die TV of rekenaar sit ’n warmwatersak om teen die lyf te hou.
• Trek die gordyne toe sodra die son begin water trek – voor dit koud word.
• As jy ’n venster het waar die son deur die dag inskyn, plaas ’n donkerkleurige mat in die sonkol en dra dit saans na waar jy sit.
• Gooi ongebruikte kookwater in ’n warmfles om later vir die skottelgoed, of wat ook al te gebruik.
• Stel vandag nog vas of jou outomatiese motordeur of -hek na sy eie battery oor-skakel, en indien nie, of jy ’n OKT-stelsel daaraan kan laat koppel.
• Allerlei nuttige goed soos selfoonlaaiers, flitse en radio’s wat met sonkrag of met ’n handslinger werk, kan bestel word by www.sustainable.co.za
• Vra deeglik uit voor jy koop! Vra veral uit oor waarborge en naverkoopdiens en of die maatskappy aan ’n regulerende vereniging behoort. Dis jou geld, en ’n hele hand vol daarvan.
• Moenie op installeringskoste bespaar nie, dit kom jou gewoonlik duur te staan.
Genoeg vir 4. Bestanddele 10 ml (2 t) elk olie en botter 1…
Vandag is dit steeds een van die gewildste plaaslike produksies wat kykers saam laat swets,…
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…
Hierdie webwerf gebruik koekies.