kategorieë: Doen dit selfLeefstyl

Bly koel hierdie somer

Deur Elandrè Swart. Hooffoto Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Waaiers teenoor lugverkoelers

  • Waaiers veroorsaak net dat warm lug rondbeweeg en verander nie die temperatuur nie. Op ’n plafonwaaier kan jy die rigting van die lemme verander sodat dit koeler is.
  • Lugverkoelers kan verwys na enige vorm van tegnologie wat die toestand van lug verander (verwarming, verkoeling, skoonmaak, ventilasie of lugbeweging).
  • ’n Plafonwaaier gebruik minder krag as ’n lugverkoeler en word beskou as omgewingsvriendelik omdat dit minder krag gebruik.
  • ’n Plafonwaaier vra ook baie minder onderhoud as ’n lugverkoeler.
  • Omdat ’n lugverkoeler die lug koeler maak, is dit gemakliker en dit voorkom dat jy dehidreer.
  • Lugverkoelers kan die luggehalte binne die huis aansienlik verbeter en ’n baie gesonder atmosfeer skep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe om die meeste koel lug uit ’n waaier te kry

  • Afhangende van jou kamer se grootte, kan ’n waaier in ’n hoek ’n goeie opsie wees aangesien die kamer meer eweredig bedek word.
  • ’n Goeie twee-waaier-metode is om een naby ’n venster te plaas wat in die rigting van ’n ander waaier in ’n deuropening kyk, wat effektief ’n wind-tonnel skep.
  • Stel jou dakwaaiers sodat dit antikloksgewys draai om warm lug na die plafon en buitentoe te trek in plaas daarvan om warm lug in die kamer rond te laat waai.
  • Sit ysblokkies in ’n vlak pan voor die waaier. Die wind sal koue waterdamp optel soos wat die ys smelt en koel mis veroorsaak.

Wat om te oorweeg wanneer jy ’n lugverkoeler koop

  • Meet die ruimte wat afgekoel moet word. Terwyl draagbare lugversorgers ’n goedkoper alternatief is vir ’n sentrale lugstelsel, het dit ook beperkinge op hoe vêr die lug trek. As jy ’n groot huis het met verskeie kamers, of ’n kantoorruimte probeer afkoel, is dit moontlik dat meer as net die lugverkoeler gebruik moet word om elke kamer effektief te dek.
  • Die standaard wat gebruik word om die verkoelingskapasiteit van ’n lugverkoeler te meet staan bekend as BTU (oftewel British Thermal Unit). In leketaal is dit die eenheid van krag. Hoe hoër die BTU, hoe groter is die ruimte wat bedek kan word vir verkoeling.
  • Bepaal die vlak van geraas. Sommige lugverkoelers is gemerk as “whisper quiet” wat so min moontlik geraas beteken, terwyl ander steeds lug met blaasgeluide rond blaas. Die beste manier om uit te vind watter geraas ’n spesifieke eenheid maak, is om dit persoonlik te toets.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wenke om koel te bly as jy nie ’n waaier of lugverkoeler het nie

  • Dra katoenklere en slaap op katoenbeddegoed. Katoen kan asemhaal en help verdamping aan.
  • Sit jou lakens in die vrieskas (in ’n plastieksak) vir ’n rukkie voor jy gaan slaap. Jou bed sal nie die hele aand koel bly nie, maar jy sal darem ’n bietjie afkoel voor jy aan die slaap raak.
  • Gebruik jou warmwatersak. In plaas daarvan om dit met warm water te vul, vul dit met koue water en plaas in die vrieskas. ’n Lekker bedvriendelike yspak!
  • As jy vinnig moet afkoel, hou jou gewrigte onder koue lopende water. Dit is ’n polspunt en sal help om jou vinniger af te koel.
  • Warm lug styg, so as dit warm is, probeer om so na as moontlik aan die vloer slaap. Gooi jou matras op die vloeren bou ’n krismisbed.
  • Gebruik so min as moontlik ligte. Ligte maak ’n vertrek warmer.
  • As jy baie op een slag eet, sal jy warmer voel aangesien vertering baie energie gebruik en liggaamshitte genereer. As jy koel wil bly, eet klein hoeveelhede koue kos deur die dag, in plaas daarvan om jou liggaam se werk na een groot maaltyd te stoor.

Lees meer: 10 modewenke vir ‘n sweetvrye lente en somer

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

5 mins Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

13 mins Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

17 mins Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

35 mins Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

1 hour Gelede

Heerlike winterpastagebak

Hierdie heerlike pastagebak is genoeg vir 6 porsies.

1 hour Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.